Nuusbrief

Vir stories, resepte en TV-hoogtepunte teken in op die VIA-nuusbrief. Vertel ons wie jy is sodat ons jou op datum kan hou met al VIA se dinge.

Deur op dié nuusbrief in te teken, aanvaar ek die Media24-groep se privaatheidsbeleid. Ek het dit gelees en ek verstaan die inhoud daarvan.

Kanselleer
Teken in

Wees op VIA?

...

...

Kanselleer
Stuur inskrywing

Op watter program wil jy wees?

Kom ons braai

Kom ons braai: familie en vriende

Kom ons kamp

Laat die potte prut

Minki

My plek of joune?

Adverteer op VIA

Klik hier om ons kommersiële span te kontak.

Kontak gerus vir Betsie Viljoen by
Betsie.Viljoen@media24.com
+27112173119


Vir vervaardigers

Het jy ’n voorstel vir ’n VIA-program?

  • ENG
  • AFR

As jy ’n programvoorstel het, stuur dit asseblief na voorstelle@viatv.co.za met die programnaam as die onderwerp.


If you would like to propose a show, please send it to voorstelle@viatv.co.za with the programme name in the subject line.


Kontak ons

Het jy ’n vraag? Wil jy met ons gesels?

© MessengerPeople

Menu

Wat is op VIA?

Swartskaap

Van bendeleiers tot sekswerkers, dié in-diepte doku-reeks werp ’n lig op die randfigure van ons samelewing.

Agter tralies

Oortreders vertel ons van die misdade wat hulle in die tronk laat beland, die tyd wat hulle agter tralies spandeer het, en hoe hulle ná hul vrylating hulle lewens in die buitewêreld herbou het.

Vermis

Doreen Morris ondersoek die onopgeloste sake van Suid-Afrika se vermistes. Sy ontmoet naasbestaandes en ontsyfer hul vermiste geliefdes se doen en late voor die verdwyning.

Op en af

In dié komedie volg ons drie paartjies wat in dieselfde woonstelblokwoon. Op die oog af lyk almal baie gelukkig, maar agter geslote deure klop al drie paartjies by ’n aanlyn-huweliksberader aan.

Die Testament

Die blitssepie Die Testament handel oor die supperryk Weyers-gesin wat geruk word deur die patriarg, Sebastian Weyers, se skielike dood. Sy drie kinders en lewensmaat kom dan bymekaar vir die lees van die testament wat hul lewens verder omdompel.

Mal-mooi troues

Die talentvolle Lynzie Kent en haar span gebruik paartjies se romantiese liefdesverhale as inspirasie om baie spesiale troues vir haar kliënte te ontwerp.

Help! Ek haat my ma

Vyf ma-en-dogter-paartjies roep die hulp van die lewensafrigter Laura Baron in om hulle stormagtige verhoudings te kalmeer. Sal haar reddingsplan hulle verhoudings herstel of verder laat verbrokkel?

Gestrand

Een-en-dertig Britte word gestrand op twee verlate eilande waar hulle in twee stamme opverdeel: Die Tiere en Die Haaie. Die gewildste stam wen 'n tamaai kontantprys.

Uit die spens

Ons delf in Die Burger se argiewe om nostalgiese onthoukos te maak. Twee gaste sluit by die aanbieder Lynelle Kenned aan om twee geregte te kook: Die historiese resep en ’n moderne weergawe.

Gebroke Harte

’n Dramatiese ongeluk sorg dat twee families se babas omgeruil word. Vyftien jaar later kruis dié twee uiteenlopende families se paaie.

Stem saam

Drie hoërskole se a cappella-groepe laat hul stembande werk om as die 2019 Animato A Cappella-sangkompetisie se kampioene gekroon te word.

Stories wat saak maak

Coenie de Villiers werp lig op die stories van ondernemings en organisasies wat inspirerende projekte aanpak om Suid-Afrika te dien.

Sien, smaak, slaap

Die paartjie Henk en Suna Brand is gek oor reis. Week na week ontwerp hulle ’n onvergeetlike ervaring in en om die Kaap vir ‘n kieskeurige toeris.

Terug op die veld

Die afrigters Marius Joubert en Paul Delport wil ’n groep eks-rugbymanne weer wedstrydgereed kry. Sal hulle strawwe oefensessies suksesvol wees?

Heerlik halaal

Die susters is vasberade om Halaal-kookkuns bietjie op te spice, en wil hê nie-Halaal-eters moet ook saamsmul.

Sê vir mamma

In dié maatsoekprogram kry ’n ma die kans om tussen twee vroue te kies wat op ’n romantiese afspraak met haar enkellopende seun mag gaan.

Honger

Die sjefs Piet Marais en Frik Oosthuizen vat die pad om Suid-Afrika se minder bekende bestanddele op te spoor vir nuwe superdisse.

Klink soos naweek

‘n Instelling vir jou naweek: Kom kyk wie se liedjies kraai koning terwyl ons kuier met sterre, fans en almal wat lief is vir Afrikaanse musiek.

Keerpunt

Dié doku-reeks verken die ware stories van gewone mense se dramatiese ervarings en hoe dit hul lewens handomkeer verander het.

Iewers in Afrika

In elke episode werk twee bekendes vir vier dae op ’n Afrika-plaas buite ons grense. So met die werk saam tref harde werklikhede ons sterre.

Geldhelde

Lucky du Plessis ontmoet inspirerende planmakers, entrepreneurs en geldkenners wat hul suksesstories en raad deel. In samewerking met Momentum.

Openbarings

’n Geselsprogram oor onortodokse godsdiensgroepe in Suid-Afrika soos gesien deur die oë van die leiers, lede, oorlopers en families. Sandra Prinsloo is die aanbieder.

Kuier-mense

SA se grootste Afrikaanse vroue-tydskrif kom TV toe. Ons ontmoet ‘n verskeidenheid van Kuier se voorbladsterre: glansmense en gewone mense.

Ons praat oor

In dié spesiale dokureeks, kyk ons na mense en dinge wat wêreldwyd nuuskieriges se aandag trek.

Kom ons kamp

In die voetspore van Kom ons braai volg ’n kompetisieprogram vir kampeerders. Drie spanne spook dit uit om as die topkampeerders gekroon te word. Met die aanbieder Paul du Toit.

Landbouweekliks

Elma Postma en HemelBesem besoek besonderse boere dwarsoor Suid-Afrika en hou kykers op die hoogte van die jongste verwikkelinge in die landboubedryf. Saam met Landbouweekblad.

My vreemde vriende

DuPreez Strauss het 5 000 Facebook-vriende – die meeste wat jy op 'n persoonlike rekening mag hê. Hy ontmoet nou sy ongewone skermvriende in lewende lywe.

Spoegwolf soek nuwe bloed

Die Stellenbosse rock-groep Spoegwolf is op soek na Afrikaans se volgende groot musieksterre. Elke episode kuier ’n ander aspirant-musikant by hulle en saam herbesoek hulle van Spoegwolf se gewildste liedjies.

Die top-honde

In hierdie werklikheidsreeks verken ons die wêreld van drie honde-afrigters wat baie tyd en geld aan hul honde bestee. Hulle help nuwe afrigters die hondeskouwêreld betree.

Kom ons braai: familie en vriende

Ons gunstelingtydverdryf is nou ’n sosiale eksperiment. Familie en vriende braai by mekaar en heelwat gebeur om die vuur. En ons praat nie net van die lekker kos nie!

Wie's jou poppie?

Die voormalige Mej. Suid-Afrika Melinda Bam is vasberade om te bewys sy is meer as net ’n poppie. Elke week gaan Melinda en ’n gas ’n nuwe uitdaging aanpak.

Skoon

Obsessiewe skoonmaker Mariska Basson en mooimaker Carmen sak mense se huise toe waar chaos heers. Hul regrukplanne en harde werk sorg vir dramatiese transformasies.

Ken jy jou kos?

Ken jy jou kos? is ’n speletjiesprogram met ’n vars aanslag. Die komiese waaghals en radiopersoonlikheid MalJan ook bekend as Johan van der Merwe, besoek kosmarkte en vind uit hoe goed Suid-Afrikaners werklik hul kos ken. Vars programme word elke Maandag om 18:00 uitgesaai.

Sê net ja

In Sê net ja gaan 'n span skeppende kundiges hoopvolle toekomstige bruidegomme help om die groot vraag so onvergeetlik as moontlik te vra. Kan sy indrukwekkende voorstel haar “wat-gaan-nou-aan” in 'n “ja” verander?

Buite die lyne

Suid-Afrika se toprugbyspelers en hul naastes kom kuier en kook by die geliefde Elma Smit om oor hul lewe duskant die kantlyn en, natuurlik ook, kos te gesels.

My plek of joune?

Twee huismaats wie se smaak hemelsbreed verskil, skiet ‘n muntstuk op om te sien wie kry die kans om een vertrek in hul woning teen ‘n begroting, teen tyd en saam met ‘n kennerspan oor te doen.

Plaaskombuis

Die geliefde Elma Postma vat die pad plaas toe om die kombuistafels te besoek waar die land se beste boerekos gemaak word. Saam met Landbouweekblad.

Troutrane

Getroude paartjies herleef hul troudag terwyl hulle die video van die okkasie saam met geliefdes kyk. En daar is altyd ‘n paar trane – dis nou vir lag en huil.

Flori en Koelsoem se kosse

Flori Schrikker en Koelsoem Kamalie, die legendariese tannies van Bonteheuwel, nooi ons binne hulle kombuis en deel die geheime van Kaapse kookkuns met ons.

Die bosbokkies

Agt stadsmeisies laat hul luukse lewens agter om twee weke in die bosveld te spandeer. Watter een van hulle is taai genoeg om as bosbokkie van die jaar gekroon te word?

Weg! Agterpaaie

Weg!-tydskrif se Sophia van Taak en Toast Coetzer neem ons op ’n reis na die Groot-Marico en herbesoek die kleurryke mense en plekke wat dié streek so spesiaal maak.

Laat die potte prut

Drie spanne spook dit uit om te sien wie die lekkerste potjiekos in die land kan maak. Kan hulle betyds hul feesmaal voltooi én die beoordelaars met hul smake beïndruk?

Pasgetroud

Hou saam bruilof via bruidspare se wenslysies. Kan die troue van jou drome ’n werklikheid word? Op hierdie reeks volg die kameras paartjies op hul troudag en ons kyk of hul grootste wenslyste vir hul groot dag vervul word.

Op die spyskaart

Twee passievolle kokke spook dit uit om te sien wie se spog-gereg goed genoeg is vir een van Johannesburg se topspyskaarte. Met aanbieder Amori Burger.

Jy het ’n Wenresep!

Eerste plek in die kombuis via Carmen die kosghoeroe. Drie hoopvolle kokke spook dit uit sodat die ikoniese HUISGENOOT-kosredakteur, Carmen Niehaus, vir een van die disse die gesogte Wenresep-status kan gee.

Kom ons braai

Ons gunstelingtydverdryf is nou ’n sosiale eksperiment. Drie paartjies wat mekaar nie ken nie, braai by mekaar en heelwat gebeur om die vuur. En ons praat nie net van die lekker kos nie!

Ivor en die verskilmakers

Ivor Price reis na klein dorpies om inspirerende innoveerders te ontmoet, soos gekies deur hul gemeenskap. Hy verras hulle dan met ’n donasie van sy vriende.

Pak weg, pak reg

Die slim planmakers Carin en Jani omskep in 'n paar stappe nagmerrie-vertrekke tot orde. Saam met TUIS-tydskrif.

Huisgenoot: Ware lewensdramas

Ons herleef dié eeu oue tydskrif se dramatiese en ikoniese stories. Ons besoek die karakters, kenners en joernaliste agter die stories.

Die moordenaar in my familie

Die familielede van bekende moordenaars vertel hul stories en werp 'n lig op hoe dié misdade hulle gesinne geruk het.

Konings van kitskos

In dié kosprogram is die tjommies Alvin Bruinders en Gerhard Steyn op ’n reis om die lekkerste kitskos te verorber en om die karakters te ontmoet wat dit maak.

Gesondheid, prontuit

Dr. Rust Theron verken die stories van regte pasiënte se mediese reise – in hulle eie woorde. Dokters en ander mediese kenners deel hul insigte en raad oor dié pasiënte se siektes en kwale.

Myne vir joune

Twee familielede van twee families verruil hul gemaksone om vir vier dae by die ander familie te spandeer.

Maklik met Marinda

Die eksentrieke Marinda Engelbrecht gee kitsklasse vir bekendes wat sukkel in die kombuis.

Wraak my mooi

’n Mooimaakprogram waar dertien mense met stories van seerkry die kans het om deur middel van kosmetiese prosedures op hul verlede wraak te neem.

Minki

’n Geselprogram met die geliefde Minki van der Westhuizen. Sy nooi ’n verskeidenheid mense wat haar inspireer en verras hul soms met nog gas.

Ryk bruid, arm bruid

In elke episode van die werklikheidsprogram volg ons een bruidspaartjie se reis na die kansel toe. Sal hulle groot drome vir die groot dag mooi binne hul begrotings pas? Of sal hulle ná die troue pasgetroud én platsak wees?

Die bruid-boetiek

Die ontwerper Diaan Daniels en sy span help bruidspartye en matrieks om die perfekte uitrusting te kies vir hul groot dag.

Die Koevert

In elke episode, verras ’n bekende ’n alledaagse held wat merkwaardige werk gedurende die koronavirus-pandemie gedoen het, met ’n stewige bedrag kontant. Dié held mag ’n porsie van die geld hou, maar moet die res daarvan vir ’n ewe inspirerende persoon gee.

Dr. Nou

Dokter Jurgens Grové en dokter Riekie Smit werk saam om pasiënte se selfbeeld ’n hupstoot te gee deur middel van kosmetiese prosedures en tandheelkunde.

Die Britte se taaiste dossiere

In die mini-reeks vertel Britse offisiere, speurders en forensiese wetenskaplikes van die misdade wat hulle tot vandag toe bly spook.

Die lewe skuld jou niks

Die onblusbare Marlene le Roux lei ’n geselsprogram oor die verskeie vorms van verlies wat mense aanraak. Gaste met stories van seer sluit by haar aan in die ateljee om hart uit te stort.

Klankbord

Voorste rockers se bekendste liedjie is die inspirasie vir ’n topsjef se fynproewergereg. Met die sjef en rockmeisie Ilse van der Merwe.

Aansit

Kosfoendi’s neem deel in groepe van drie om ’n tamaai prys van R150 000 los te slaan. Elke groep moet ’n koservaring skep wat ons beoordelaars se sintuie sal oorrompel.

Die Radio Raps show

Die Afrikaanse internetsensasie Radio Raps skerts in dié werklikheidsprogram met ons dorpe, ons kinders en kos.

Musiekpaniek

’n Speletjiesprogram waarin top- Afrikaanse musiekkunstenaars en hul aanhangers dit in die atlejee uitspook in ’n tawwe musiek-vasvra. Carla McKenzie is die aanbieder.

Besigheid wat saak maak

In dié program kyk ons na die hartklop van ons gemeenskappe: klein besighede, entrepreneurs en planmakers. Die aanbieders Rozanne McKenzie en Anton Schmidt verseker ’n vermaaklike, interessante aanslag.