Teken in op die VIA-nuusbrief

Vir stories, resepte en TV-hoogtepunte teken in op die VIA-nuusbrief. Vertel ons wie jy is sodat ons jou op datum kan hou met al VIA se dinge.

Deur op dié nuusbrief in te teken, aanvaar ek die Media24-groep se privaatheidsbeleid. Ek het dit gelees en ek verstaan die inhoud daarvan.

Skryf só vir ’n program in

Op watter program wil jy wees?

Testing the description box

Hartskos

Kom ons braai

Laat die potte prut

My droom-trourok

My plek of joune?

My sakpas-troue

Pasgetroud

Raai wat is toegedraai

Skoonpa-se-tong

Wie's my liefie?

Wil jy op VIA adverteer?

Kontak gerus vir Betsie Viljoen by
Betsie.Viljoen@media24.com
+27 11 217 3119


Het jy ’n voorstel vir ’n VIA-program?

  • ENG
  • AFR

As jy ’n programvoorstel het, stuur dit asseblief na voorstelle@viatv.co.za met die programnaam as die onderwerp.


Ons sal jou dan terugkontak en vir jou ’n voorstelvorm stuur. Vul asseblief hierdie vorm in en stuur dit vir ons terug. Jy sal binne twee maande van ons hoor.


If you would like to propose a show, please send it to voorstelle@viatv.co.za with the programme name in the subject line.


We will contact you back and send you a proposal form. Please fill it in and send it back to us. You will hear back from us within two months.


Kontak ons

Het jy ’n vraag? Wil jy met ons gesels?

Of stuur ’n e-pos na...
info@viatv.co.za

En onthou, ons is ook op...

Menu

Ontmoet ons konings van kitskos

Meer stories

In die vele nuwe programme wat VIA dié April bekendgestel het, bring die akteur Alvin Bruinders en sanger Gerhard Steyn ’n anderse kosstorie: ’n program nét oor kitskos! Dié twee is in die regte lewe boesemvriende en neem ons op ’n reis om die lekkerste kitskos te verorber en om die karakters wat die kos maak, te ontmoet. Kom smul elke Vrydagaand om 20:30 aan Konings van kitskos.

 

Wat is jou gunsteling-kitskos en hoekom?

A: My gunsteling-kitskos is beslis broccoli. (Hahaha!) Sushi, ek is oortuig dat ek in my vorige lewe ’n potsierlike Chinese man was. Ek is ook mal oor tradisionele vis en slaptjips en ribbetjies.

 

Watter tipe sous of ding hou jy die meeste van om op kitskos te sit?

A: Mayonnaise, ek bedek alles in mayonnaise! Ek maak my gesin mal want of dit nou skyfies of tamatiebredie is, dit kry mayonnaise. Tabasco is ook ’n moet! Indien dit nie beskikbaar is nie verkies ek rooiwarm rissies. 

 

Hoe gereeld eet jy kitskos?

A: Ek eet dikwels uit. Suid-Afrika se fundamente is gebou op wat om die etenstafel gedeel word. Ek en my vrou is dikwels opsoek na nuwe koshoekies.

 

Hoe sal jy die program beskryf en wat daarvan is vir jou lekker?

A: Die samesyn met Gerhard is net ’n fees. Ons is twee kosfoendies opsoek na nuwe kitskoskafees.

 

Kitskos het dikwels ’n “slegte” naam, maar dis nie 100% sleg nie. Wat is jou mening en hoe sien jy dit?

A: Dis maar ’n bederfie vir elk. Dit help jou om ná ’n lang dag steeds genot en plesier uit die eetproses te neem.

 

Kitskos by verskeie kitskosrestaurante kom dikwels saam met speelgoed of ’n promosie-artikel of ding. Was daar in jou persoonlike lewe al so-ietsie wat jy eenvoudig nes moes hê en waar jy die kitskos gekoop het en heerlik verras was, of die kitskos gekoop het om die moet-hê-ding in die hande te kry vir of jouself of iemand anders?

Nee, maar ek sien uit na die dag waar ek iets moet eet om ’n Mustang te kan wen!

 

Watter tipe kitskos maak jy die gouste of meeste tuis?

A: Vars, gebakte brood, vetkoek, gekookte eiers en mayonnaise. 

 

Wat was die lekkerste met die maak van die program?

A: Die samesyn met Gerhard en die vryheid van die produksiespan om onsself te mag wees. Daar is geen pretensie of ongemak tydens verfilming nie.

 

Wat is daar wat jou verras het oor die wêreld van kitskos wat jy nie geweet het nie?

A: Met kitskos is daar geen reëls nie. Mens mag maar mal gaan en jou eie ding doen. Indien iemand ’n sjef raak moet jy dikwels bewus wees van tegniese benaderings van byvoorbeeld ’n gebak. Deesdae word die industrie met geselligheid oordonder. Kosmaak handel oor selfuitdrukking en die vryheid om te doen wat jy wil, volgens wie jy is en waarvan jy hou.

 

Kan jy iets snaaks deel oor jou mede-aanbieder?

A: Hy weier om ’n hoed te dra en is beslis geweldig bewus van sy kapsel. 

Al Konings van kitskos-stories