Teken in op die VIA-nuusbrief

Vir stories, resepte en TV-hoogtepunte teken in op die VIA-nuusbrief. Vertel ons wie jy is sodat ons jou op datum kan hou met al VIA se dinge.

Deur op dié nuusbrief in te teken, aanvaar ek die Media24-groep se privaatheidsbeleid. Ek het dit gelees en ek verstaan die inhoud daarvan.

Skryf só vir ’n program in

Op watter program wil jy wees?

Testing the description box

Hartskos

Kom ons braai

Laat die potte prut

My droom-trourok

My plek of joune?

My sakpas-troue

Pasgetroud

Raai wat is toegedraai

Sê net ja

Skoonpa-se-tong

Wie's my liefie?

Wil jy op VIA adverteer?

Kontak gerus vir Betsie Viljoen by
Betsie.Viljoen@media24.com
+27 11 217 3119


Het jy ’n voorstel vir ’n VIA-program?

  • ENG
  • AFR

As jy ’n programvoorstel het, stuur dit asseblief na voorstelle@viatv.co.za met die programnaam as die onderwerp.


Ons sal jou dan terugkontak en vir jou ’n voorstelvorm stuur. Vul asseblief hierdie vorm in en stuur dit vir ons terug. Jy sal binne twee maande van ons hoor.


If you would like to propose a show, please send it to voorstelle@viatv.co.za with the programme name in the subject line.


We will contact you back and send you a proposal form. Please fill it in and send it back to us. You will hear back from us within two months.


Kontak ons

Het jy ’n vraag? Wil jy met ons gesels?

Besig...

Of bel ons hoofkantoor op
021 406 3458

En onthou, ons is ook op...

Menu

Laré Birk vertel ons van Kom ons trou, nou!

Meer stories

Laré Birk is die aanbieder van ons trouprogram Kom ons trou, nou! se tweede seisoen. Sy gaan vasberade vroue wat moeg gewag is vir 'n trou-aanbod, help om beheer te neem. In dié werklikheidsprogram beplan elke vrou haar blitstroue skelm en vra haar kêrel om te trou terwyl die gaste reeds regsit. Laré vertel vir ons meer…

 

Ons hoor jy was al sewe keer ’n strooimeisie. Vertel ons meer hieroor.

Ek was al, ja.  Dit was ’n voorreg om vir besonderse vriendinne dié rol by hul spesiale dae te kon vul. Dit is werklik ’n groot dag en die bruid het al die ondersteuning op die dag nodig wat sy moontlik kan kry en bowenal dit saam met haar hartsmense te kan geniet.

 

Wat het jy uit dié ervarings geleer?

’n Mens se troudag is die dag wat jy op jou veiligste is. Almal vir wie jy lief is, is daar saam met jou. Dié dag gaan oor die viering van ’n spesiale bevestiging. Dit moet mens nooit vergeet nie.

 

Wat is die beste manier om ’n angsbevange bruid te ondersteun?

Herinner haar oor waaroor die dag eintlik gaan. Dit gaan oor haar en haar man se liefde vir mekaar. ’n Nuwe avontuur, hoofstuk in hul elkeen se lewe. Die bruid moet dit die hele tyd onthou. Dit verander elke liewe ding wat sy daardie dag doen. Dit laat haar vergeet van die angs. Dit is ’n besonderse ding om aan te dink en te weet.

 

En wat moet ’n mens nooit vir ’n gespanne bruid sê nie?

Jy moet nooit vir ’n bruid sê dat sy moet kalmeer nie.

 

Dink jy vroue moet meer gereeld sake in eie hande neem en hul kêrels die ja-woord vra?

Ek dink dit hang af van die aard van die verhouding. Elke verhouding is anders en slegs die twee wat in dit is sal dit werklik ken en verstaan. Indien sy voel dit is wat sy wil hê en wil doen, behoort sy dit te doen.   

 

Watter aspekte van die produksie geniet jy die meeste?

Om die besonderse vroue te leer ken en by hul te leer. Ek leer elke episode ietsie van elke bruid. Ons het werklik met ongelooflike vroue te doen, elkeen met hul eie unieke storie.

 

Noem ’n paar van jou hoogtepunte tydens verfilming.

Sjoe, daar is baie. Elke lag en elke traan. Elke keer wat die realiteit van die mooi van die mens en die liefde na vore gekom het.

 

Wat was vir jou die grootste uitdaging as die aanbieder van die program?

Die emosionele aspek daarvan. Dit raak ’n baie emosionele storie en omdat ek so vining lief word vir elkeen word dit moeilik.  

 

Waarna kan kykers uitsien?

Elke episode is werklik anders. Nie net is dit ongelooflik mooi verfilm nie, maar dit is absoluut vermaaklik.

 

Wat is volgende vir Laré Birk?

Daar is ’n paar opwindende projekte wat voorlê. Die toekoms hou in wat die toekoms inhou.

 

Bieg: As jy sou trou, hoe sou jóú troue lyk?

Ek het al baie daaraan gedink en dit hang natuurlik ook af van die man met wie ek eendag trou, maar ’n boetiek-bring-en-braai klink vir my na ’n wen-troue.  

 

Nuwe episodes wys elke Donderdag om 20:00 met heruitsendings op Saterdae om 21:00.

Al Kom ons trou, nou!-stories

Kom ons trou, nou!

Ontmoet die trou-ghoeroes Margaux en Sunelle

Vir Nog