Teken in op die VIA-nuusbrief

Vir stories, resepte en TV-hoogtepunte teken in op die VIA-nuusbrief. Vertel ons wie jy is sodat ons jou op datum kan hou met al VIA se dinge.

Deur op dié nuusbrief in te teken, aanvaar ek die Media24-groep se privaatheidsbeleid. Ek het dit gelees en ek verstaan die inhoud daarvan.

Skryf só vir ’n program in

Op watter program wil jy wees?

Testing the description box

Hartskos

Kom ons braai

Laat die potte prut

My droom-trourok

My plek of joune?

My sakpas-troue

Pasgetroud

Raai wat is toegedraai

Sê net ja

Skoonpa-se-tong

Wie's my liefie?

Wil jy op VIA adverteer?

Kontak gerus vir Betsie Viljoen by
Betsie.Viljoen@media24.com
+27 11 217 3119


Het jy ’n voorstel vir ’n VIA-program?

  • ENG
  • AFR

As jy ’n programvoorstel het, stuur dit asseblief na voorstelle@viatv.co.za met die programnaam as die onderwerp.


Ons sal jou dan terugkontak en vir jou ’n voorstelvorm stuur. Vul asseblief hierdie vorm in en stuur dit vir ons terug. Jy sal binne twee maande van ons hoor.


If you would like to propose a show, please send it to voorstelle@viatv.co.za with the programme name in the subject line.


We will contact you back and send you a proposal form. Please fill it in and send it back to us. You will hear back from us within two months.


Kontak ons

Het jy ’n vraag? Wil jy met ons gesels?

Besig...

Of bel ons hoofkantoor op
021 406 3458

En onthou, ons is ook op...

Menu

#DieKontrak: Dít moet jy weet

Meer stories

VIA (DStv-kanaal 147) en die Afrikaanse musiekbedryf se grootste onafhanklike platemaatskappy, Coleske Artists, is op soek na die volgende groot Afrikaanse kunstenaar.

 

In die nuwe TV-reeks Die Kontrak, wat later vanjaar op die Afrikaanse leefstylkanaal uitgesaai gaan word, sal agt aspirant-sangers dit uitspook om ’n gesogte platekontrak. Die Kontrak se mentors – Elvis Blue, Tarryn Lamb, Monique Steyn en Dewald Wasserfall – sal uit die aansoeke die agt talentvolste kandidate kies. 

 

Elk van hulle stap die kompetisie binne met ’n platekontrak. Die uitdaging is egter om die kontrak te behou, want aan die einde van elke episode word een kontrak deur die grootbaas, Arnold Coleske, opgeskeur. En teen die einde van die reeks ontvang net die wenner ’n kontrak met Coleske Artists.

 

Deur die loop van die reeks sal die agt aspirant-sangers ook week na week uitgekyk word deur ’n paneel van drie kenners: die musieksterre Corlea Botha en Theuns Jordaan en die kreatiewe regisseur van die Afrikaans is Groot-megakonserte, Barry Pretorius. 

 

Die opwindende program sal deur Afrikaanse musiek se goue broer-en-suster-duo, Bobby en Karlien van Jaarsveld, aangebied word.

 

As jy die volgende groot Afrikaanse kunstenaar is, skryf nou in.

 

Skryf só in

Daar is twee maklike maniere om in te skryf. Neem eenvoudig ’n video waar jy jou gunsteling-liedjie sing en:

1       Laai dit op die NetNuus-app se video-afdeling as jy wil seker maak jou video word nie misgekyk nie. Sê ook vir ons in dié video wie jy wil hê moet jou mentor wees. Onthou om die hutsmerk #diekontrak te gebruik.

OF

2       Laai jou oudisie-video op Facebook of Instagram, tag die mentor van jou keuse gebruik die hutsmerk #diekontrak.

3       Sê wie jy is, hoe oud jy is en waar jy vandaan kom.

Inskrywings open Maandag 21 Mei 2018 en sluit Saterdag 30 Junie om middernag.

 

Wat moet jy weet voor jy inskryf?

 

Die kandidate moet eksklusief beskikbaar wees vir produksie op 9 Julie en vanaf 13 Augustus tot 12 September 2018 (sewe dae per week, gedurende die dag en saans).

 

Die toptwee-finaliste moet vanaf 12 September tot en met 2 Desember 2018 beskikbaar wees vir albumopname, repetisies vir die Afrikaans is Groot-konsert en vir ander video-insetsels vir die TV-program.

 

Die kandidate moet op die bogenoemde dae beskikbaar wees op verskeie plekke in Pretoria. Die spesifieke plekke sal deur die produksiespan bevestig word.

 

Datums kan dalk verander, maar die produksiemaatskappy sal probeer om so ver moontlik by die rooster te bly.

 

Die kandidate mag nie enige ander verpligtinge (werk, skool, familie, ens.) gedurende die bogenoemde tydperk hê nie.

 

Die kandidate kan enige ouderdom wees, maar moet ’n Suid-Afrikaanse ID-dokument hê. Minderjarige deelnemers moet die geskrewe toestemming van ’n ouer of voog hê en moet deur ’n ouer of voog begelei word by alle produksies.

(Indien jy nog nie oud genoeg is om 'n ID-dokument te hê nie, moet jy die geskrewe toestemming van 'n ouer of voog hê en moet jy deur ’n ouer of voog begelei word by alle produksies.)

 

Die kandidate mag nie aan enige bestaande platekontrak met ’n platemaatskappy gebonde wees nie.

 

Kandidate wat in die verlede aan ander TV-talentkompetisies deelgeneem het, moet die vervaardigers hierop attent maak.

 

Die kandidate teken in as ’n individuele solo-kunstenaar. Geen groepe, duo’s of orkeste sal toegelaat word om in te skryf nie.

 

Vir die oudisie-inskrywingsproses moet kandidate hulself kan begelei of deur iemand met ’n musiekinstrument begelei word.

 

Kandidate moet in Afrikaans kan gesels en sing. Altesaam 80% van die liedjies en inhoud moet in Afrikaans gelewer word.

 

Gedurende die produksie en uitsaai van Die Kontrak sal die deelnemers se sosialemedia-gedrag gemonitor en bestuur word. Dit moet voldoen aan VIA se sosialemedia-riglyne.


Deur vir Die Kontrak in te skryf, aanvaar deelnemers dat hulle oudisie-video's vir Coleske Artists en nie 'n ander platemaatskappy bedoel is nie.

Al -stories

2018 se top-trourok-trends

Vir Nog

Jack Parow nou op Die Kliek

Vir Nog

Jou stylvolste Kersfees nóg met Rinet en Eugene

Vir Nog

Hou dié jaar Kersfees nes sjef Chris Erasmus

Vir Nog

Ontmoet ons “pin up”-kenner Honeybun Shortcake

Vir Nog

Moedige Melinda is nie jou poppie nie

Vir Nog

Bibi terug op VIA vir nog leespret

Vir Nog

Kom sit aan by Bertus Basson se feestafel

Vir Nog

Ontmoet Deur dik en dun se vier nuwe paartjies

Vir Nog

Leer ken psigiese medium Julia Theunissen

Vir Nog

Ontmoet Erfkos se Philicity Reeken

Vir Nog

Henriëtta nou terug op TV!

Vir Nog

Dana Snyman nou 'n TV-ster

Vir Nog

Ontmoet Marlene, ons sjef in Charroux

Vir Nog

Ons gesels met Skatkis se Sonia Scholtz

Vir Nog

Leer ken Skatkis se Hendrien Martins

Vir Nog

Ontmoet Skatkis se Riaan Bolt

Vir Nog

HUISGENOOT se Carmen Niehaus nou op jou TV

Vir Nog

SARIE se Herman Lensing nou 'n TV-ster!

Vir Nog

Ons gesels met RAPPORT se Hanlie Retief

Vir Nog