Teken in op die VIA-nuusbrief

Vir stories, resepte en TV-hoogtepunte teken in op die VIA-nuusbrief. Vertel ons wie jy is sodat ons jou op datum kan hou met al VIA se dinge.

Deur op dié nuusbrief in te teken, aanvaar ek die Media24-groep se privaatheidsbeleid. Ek het dit gelees en ek verstaan die inhoud daarvan.

Skryf só vir ’n program in

Op watter program wil jy wees?

Testing the description box

Hartskos

Kom ons braai

Laat die potte prut

My droom-trourok

My plek of joune?

My sakpas-troue

Pasgetroud

Raai wat is toegedraai

Skoonpa-se-tong

Wie's my liefie?

Wil jy op VIA adverteer?

Kontak gerus vir Betsie Viljoen by
Betsie.Viljoen@media24.com
+27 11 217 3119


Het jy ’n voorstel vir ’n VIA-program?

  • ENG
  • AFR

As jy ’n programvoorstel het, stuur dit asseblief na voorstelle@viatv.co.za met die programnaam as die onderwerp.


Ons sal jou dan terugkontak en vir jou ’n voorstelvorm stuur. Vul asseblief hierdie vorm in en stuur dit vir ons terug. Jy sal binne twee maande van ons hoor.


If you would like to propose a show, please send it to voorstelle@viatv.co.za with the programme name in the subject line.


We will contact you back and send you a proposal form. Please fill it in and send it back to us. You will hear back from us within two months.


Kontak ons

Het jy ’n vraag? Wil jy met ons gesels?

Of stuur ’n e-pos na...
info@viatv.co.za

En onthou, ons is ook op...

Menu

Coenie verken die poësie verder

Meer stories

Hoe sal die poësieprojek Suid-Afrikaanse letterkunde en die lewens van Suid-Afrikaanse lesers verryk?

Letterkunde – en dus ook AVBOB se poësieprojek – verwoord wat mense voel.  Ek dink soms die woord “letterkunde” skep ‘n versperring by mense.  Pragtige, aangrypende stories wat goed geskryf is word inderdaad mos eintlik letterkunde, of dit nou ‘n roman is wat eerlik en outentiek is, en of dit ‘n gedig is wat jou aan die hart vat.  Letterkunde – dit wil sê die mag van die woord en hoe goed ons dit kan ontsluit  – vertel ons as mense se stories, en maak sin van dit wat ons méns maak.  Dis mos hoe ons die geskiedenis van die hart van dag tot dag en van jaar tot jaar opteken …

 

Hoe het jy by die poësieprojek en die reeks betrokke geraak?

Die produksiespan het my genader en gevra of ek die program sou aanbied en die onderhoude doen.  Dis min dat iemand jou vra om iets te doen waarin jy wérklik kan glo, en so-iets is vir my die poësie.  Dis ekstra-lekker dat daar ‘n borg is wat bereid is om fondse te skenk om dit te bevorder.  Ek het dadelik “ja” gesê en is voluit betrokke by die projek.  Ek help ook so bietjie agter die skerms om van die uitvoerings en inkledings bymekaar te sit.

 

Is poësie vir almal? Wat is jou boodskap aan mense wat voel dit is nie?

Poësie is sonder twyfel vir almal.  Dis gewoon “cool”.  Natuurlik is alle poësie nie onmiddellik toeganklik vir almal nie, maar daar is meer as genoeg goeie werk vir almal om betekenis uit te put.  En dis mos maar waarom die lewe gaan, nie waar nie?  Ons probeer almal sin maak van dit wat om ons en met ons gebeur – en dis waarmee poësie ons help.  My boodskap is eenvoudig: moenie daarvoor skrik nie, en luister en lees sonder om te oordeel … dit sal bes moontlik ‘n ontdekking wees wat jou lewe kan verander!

 

Watter Afrikaanse gedig sal jou altyd diep raak?

Die gedig wat my altyd sal raak, is NP van Wyk Louw se Vroegherfs.  As jongeling het ek dit gelees, en iets het in my hart verskuif.  En dan natuurlik sy weergalose skryf van Afrikaans … Daarna was poësie my vriend, maar hierdie gedig bly die vertrekpunt vir hierdie wonderlike en persoonlike reis met en óm die woord.

 

Wat is vir jou die kosbaarste woord in Afrikaans?

My kosbaarste woord?  Deernis.   

 

Al Ek wou nog sê-stories