Nuusbrief

Vir stories, resepte en TV-hoogtepunte teken in op die VIA-nuusbrief. Vertel ons wie jy is sodat ons jou op datum kan hou met al VIA se dinge.

Deur op dié nuusbrief in te teken, aanvaar ek die Media24-groep se privaatheidsbeleid. Ek het dit gelees en ek verstaan die inhoud daarvan.

Kanselleer
Teken in

Wees op VIA?

...

...

Kanselleer
Stuur inskrywing

Op watter program wil jy wees?

Die eetkamer

Klankbank

Kom ons braai: celebs

Adverteer op VIA

Klik hier om ons kommersiële span te kontak.

Kontak gerus vir Betsie Viljoen by
Betsie.Viljoen@media24.com
+27112173119


Vir vervaardigers

Het jy ’n voorstel vir ’n VIA-program?

  • ENG
  • AFR

As jy ’n programvoorstel het, stuur dit asseblief na voorstelle@viatv.co.za met die programnaam as die onderwerp.


If you would like to propose a show, please send it to voorstelle@viatv.co.za with the programme name in the subject line.


Kontak ons

Het jy ’n vraag? Wil jy met ons gesels?

Menu

Wat is op VIA?

Tiaan se tafel met Universal Kitchens

In dié feestyd-bonanza, gee die TV-sjef Tiaan Langenegger terug aan kos-instansies wat 'n reuseverskil maak deur van hul alledaagse helde met 'n dankie-sê-ete te bederf.

Tuis met Thys

In dié geselsprogram word aktuele sake, finansies, sport, vermaak, en leefstyl-onderwerpe om die tafel bespreek.

Wilde liefde

In dié maatsoekprogram, verruil ons die stad vir die natuurskoon om te sien of enkellopendes werklik ware liefde kan vind wanneer hulle die afleidings en verwagtinge van die moderne wêreld agterlaat.

Plain en simple

In dié kookprogram vier ons Kaapse kookkuns en huiskos. Aanbieder, Gadija Sydow gaan kuier by merkwaardige mense van Mitchells Plain. Saam maak hulle 'n geliefde familieresep en sit daarna aan vir ete.

Skat of wat?

In hierdie speletjiesprogram word deelnemers se kennis van antieke stukke getoets en kan met groot pryse wegstap.

LiG: God se krag in my krisis

Van ‘n kind met kanker, ‘n drankverslaafde tot 'n man wat 'n dekade lank onskuldig agter tralies was: Kom hoor eerstehands hoe mense soos ek en jy in hul diepste krisis kop bo water hou.

Tydlose skoonheid

Gewone mense deel die inspirerende stories van hoe 'n gesonde leefstyl asook Zinplex-produkte hulle gehelp het om ouerword met meer elegansie en moed aan te pak.

Die eetkamer

Kom beleef die ongemak en die eienaardigheid wanneer vier vreemdelinge om 'n tafel aansit vir ete. Dinge raak net nog vreemder wanneer aardige instruksies, uitdagings en speletjies vir ons gaste opgedien word.

Afhaak

In elke episode van hierdie doku-realiteitsreeks volg ons ’n pas verloofde paartjie se reis al die pad tot by die kansel. Ons beleef die hoogte- en laagtepunte wat met troubeplanning gepaard gaan en ons kameraspan staan gereed om al die aksie op die groot dag vas te vang!

Vakansietyd

Die paartjie David Johnson en Bianca La Grange 'n reis deur Suid-Afrika om van die beste toeriste-aantreklikhede en aktiwiteite in die land te ontdek! Hulle slaan kamp op by die sewe gewilde ATKV-vakansie-oorde in van die mees mooiste dele van ons land.

Só werk dit

'n Blitsreeks aangebied deur Bun Booyens waar interessante tema's en nuusgebeure uiteengesit word.

Die ontwerpers

In elke episode van hierdie reeks, neem 'n ontwerper ons deur drie asemrowende ruimtes: een wat hulle self ontwerp het, een wat 'n bron van inspirasie is, en hul eie huis. Ons verken hierdie merkwaardige ruimtes deur die perspektiewe van verskeie ontwerpers.

Moer 'n boer

Moer ’n boer neem 12 onervare boere op ’n transformasiereis waar hulle opgelei en voorberei word vir ’n amateur MMA-geveg.

Wie was dit?

In hierdie kompetisieprogram word 'n groep rusbankspeurders uitgedaag om elke dag 'n fiktiewe moord op te los. Die deelnemer wat aan die einde van die reeks die meeste misdade opgelos het, wen 'n kontantprys. Francois Jacobs is die aanbieder.

Die miljoenrand-idee

Thys en Riaan is op soek na 'n besigheidsidee wat 'n miljoenrand-belegging werd is. In hierdie TV-program spook entrepreneurs dit uit vir hierdie gesogte prys.

Gesels

In dié geselsprogram maak ons ruimte vir onsself, mekaar, asook alles wat mooi en interessant is in die lewe. Leandie du Randt is die aanbieder.

Die klein groot verskil

'n Mediese geselsprogram oor die klein veranderinge wat 'n mens maklik kan begin maak wat 'n groot impak op 'n mens se gesondheid sal hê.

Tietie en Nanna kook

Huiskos met 'n Maleise-twist VIA Tietie en Nanna se kombuis

Klanke van my hart

‘n Sielvolle nuwe musiekprogram waarin 39 dinamiese musikante bekendgestel word- van Pop tot Opera, van Gospel tot Rap, van Country tot Industrial Metal, Goth tot Spoken Word, van Riel tot Boeremusiek. Ontdek die nuwe sterre in die hemelruim.

Die pienk kombuis

Chantelle Symons nooi ons haar pienk kombuis binne waar sy onthoukos, trooskos, en boerekos kook.

Bikers' babes

Ons volg die lewens van nege vroue wat elk in n lang termyn verhouding met n biker is.

Boer saam met die natuur

In hierdie reeks verken ons die besonderse bewaringboerdery-inisiatiewe van produsente in die Suid-Kaap. Hulle het groot respek vir die grond en het oor dekades heen nuwe lewe in ’n dorre streek geblaas.

Hart van die huis met Universal Kitchens

Vir haar 40ste verjaardag gee Universal Kitchens vir die immergewilde Minki van der Westhuizen haar droomkombuis. In hierdie spesiale episode deel ons die transformasie van begin tot einde.

Die uitdaging

10 Uitdagings. 10 Bekendes. Reis-beïnvloeder Iana Strydom daag 10 van jou gunsteling Suid Afrikaanse bekendes uit om 'n adrenalien-belaaide ervaring aan te durf. Sal Schalk Bezuidenhoudt van die hoogste brug ter wêreld af spring? Hoe ervaar Francois van Coke sy ontmoeting met 'n haai in die diepsee? Reis saam, leer ken ons bekendes buite hulle gemaksones en kom word saam, uitgedaag.

Bertus vier fees

In dié spesiale feesbonanza nooi Bertus Basson en sy vrou, Mareli, ons hul kombuis binne en wys hulle hoe jy op ’n eg Suid-Afrikaanse én byderwetse manier in Desember kan feesvier.

Revue

Dis tyd vir Revue 2023! Kom sit aan vir skouspelagtige skoolopvoerings in jou sitkamer.

Waar's my trourok?

Toekomstige bruide en hul geliefdes kuier saam met Mila Guy by die Blanco Bridal-boetiek om trourokke aan te pas. Menings en smaak verskil. Gaan die bruid met 'n glimlag wegstap of gaan die soektog in trane eindig?

Slimkoppe met Netwerk24

In dié speletjiesprogram, pak 'n paneel van slimkoppe week ná week 'n reeks interessante én uitdagende algemene kennis kopkrappers aan. In samewerking met Netwerk24.

Sterkbek

The Godly Giemba nooi bekendes om saam met hom die warmste, plaaslike kosse te proe by gewilde eetplekke. Met elke gereg word die vrae meer persoonlik en die kos al warmer. Sal hulle die hitte kan vat?

'n Nuwe jy met Nova

Agt deelnemers kry in hierdie skoonheidsreis 'n splinternuwe voorkoms. En die span deel hul kennis en wenke oor skoonheid en estiese behandelings.

Skatkis

Die ATKV-Skatkis kuier by ATKV post-matriek en wys hoe hierdie wegbreekjaar vir jongmense voorberei om van die grootmenswêreld kinderspeletjies te maak. Kom sien hoe die jonges avontuur beleef en hul leierskappotensiaal ontdek. Kry ook 'n kykie hoe ATKV-postmatriek nie net jongmense help om loopbaankeuses te maak nie maar ook deur verskillende ervarings leer om vaardighde te ontwikkel en terselfdetyd lewenslange vriendskappe te bou.

Klein sake, groot drome

Maak nie saak hoe klein of groot jou besigheid is nie, sukses word gebore uit groot drome! In Klein sake, groot drome nooi Armand Aucamp entrepreneurs om hul stories van sukses en uitdagings te deel.

Skep nog

René de Witt gee nuwe lewe aan oorskietkos. Saam met 'n gas kook hulle 'n gereg uit die kenner se repertoire en dan maak René 'n gereg met die oorskietbestanddele. Ons het selfs 'n plan met die oorskietverpakking!

Houvrou of trouvrou?

Agt vroue van regoor die land kompeteer vir die titel van ons top-trouvrou en ’n kontantprys. Met die aanbieder Simoné Nortmann.

Boerbokke

Ons klop aan by voormalige Springbokrugbyspelers wat hul tokse vir vellies verruil het. Díe bokke is nou op verskillende maniere betrokke by die landbou. Ons kry ook insigte oor die Rugby Wêreldbeker.

Herman en die ladies

Ons almal ken iemand wat geraak is deur kanker. Vir borskankermaand nooi Herman Lensing oorwinnaars vir 'n spesiale bederfdag. Met 'n lag en 'n traan word daar gekook en gekuier in Herman se Pink Lady-kombuis.

Minki en vriende

Minki van der Westhuizen nooi haar vriende en saam maak hulle seker ons weet van als wat lekker is. Kosmaak, mode, fiksheid en mooimaak, hier is iets vir almal

Maak my 'n miljoenêr

Albert van Wyk is op soek na hoërskool-entrepreneurs wat hy kan te mentor om hul finansiele drome te bewaarheid. Die top-20 entrepreneurs se vermoëns woord getoets en die wenner stap weg met 'n kontantprys.

Dr. Etter

Pasiënte met allerhande velprobleme kom klop aan by dr. Ansua Steyn se spreekkamer vir hulp. Sy behandel aknee, siste, vetgewasse en ander dermatologiese dilemmas.

Trou, trek of toer?

Die akteurspaartjie, Bianca le Grange en David Johnson, help besluitelose paartjies om ’n belangrike besluit te neem: Gaan hulle trou, ’n deposito op eiendom neersit of die geld vat en vakansie hou?

Hier sit die manne

In dié geselsprogram nooi die akteur Frank Rautenbach gaste om oor dinge te praat wat hom interesseer en inspireer. Van karre, visvang, jag, beleggings, reis en rugby – álles wat die manne na aan die hart lê.

Uitblinkers

Skoolleerders kry die geleentheid om op die verhoog uit te blink. Van koor tot redenaars, revue’s en toneelspel – daar is iets vir almal.

Lewenslus

Berné van Zyl en haar gaste wys hoe om gesonder en meer gebalanseerd te leef. In elke episode deel hulle hulpmiddels, gee raad en praktiese voorbeelde.

Lollos en vriende

In dié reeks kuier Lollos, Lettie, Disco en Karla saam met hulle maats. Elke week sing en dans die maatjies saam. Dis ’n opvoedkundige program propvol pret en plesier waar almal, speel-speel leer.

Meer as net 'n loopbaan

Die besigheidsman en skrywer, Daniel Strauss, help entrepreneurs om oplossings vir hul probleme te vind. Hy en sy gaste deel insig en sodoende help hulle kykers om hul denkwyse te verander.

Klankbank

Klankbank is 'n nuwe musiek speletjies program waar drie spelers moet saam werk om die bank van kontant te beroof. Maar net een kan wen en ‘n kans staan om tot en met ‘n R120 000 in kontant huis toe te vat. Hierdie is ‘n spel vol opwinding, vol verraad en sal menslikke gierigheid tot die uiterste beproef.

Die Babbelbende

In dié reeks vir kinders, word nuuskierige agies se vrae beantwoord. Paloeka, Palawa en hul beste vriendin, Bibi, kuier in die babbelboomhuis terwyl Ben allerlei plekke besoek. Vir kinders tussen 4 en 10 jaar oud.

Veerkrag

Dr. Leverne Mountany kyk na ’n verskeidenheid sielkundige toestande wat sy in haar praktyk teëkom en op hierdie manier breek sy die stigma stukkie vir stukkie af.

Ons vir jou

Ivor Swartz en Rudi Swanepoel is passievolle Suid-Afrikaners wat wil bydra tot versoening en ’n dieper verstandhouding tussen mense. Hulle takel onderwerpe wat insig gee tot hoe ons saam kan bly in die komplekse land en wêreld.

Platteland toe

Die avontuurlustige Sean van Noordwyk besoek gewilde plattelandse dorpies en vind uit wat maak dié dorpies uniek. Hy maak 'n draai deur restaurante, gastehuise en besienswaardighede om alles te ervaar wat die dorpies die besoek werd maak.

Die groot afskud

Ses oorgewig deelnemers word oor ses uitmergelende maande tot hulle uiterstes gedruk om vir eens en vir altyd daardie kilo's af te skud. Die span wat die meeste gewig verloor wen 'n kontantprys van R300 000.

Die Valke

In die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersoek ’n spesialis-eenheid die land se prioriteitsmisdade. Van mensehandel tot moord, hierdie is die Valke se stories in hul eie woorde.

Huisgenoot Ware Lewensdramas: Vlees en bloed

Ons bekyk die mees opspraakwekkende stories oor familiemoorde wat Suid-Afrikaners aangegryp het. Die karakters, kenners en joernaliste agter die stories vertel dit eerstehands.

Keerpunt se bestes

Die mees indrukwekkende verhale van die Keerpunt doku-reeks word gedeel. Ons verken die ware stories van gewone mense se dramatiese ervarings en hoe dit hul lewens handomkeer verander het.

Die VIA-Kersmark

Die VIA-Kersmark gee lekker idees vir geskenke dié kerstyd. Ons wys en spog met plaaslike entrepreneurs se produkte en só kry álmal geskenke onder die kersboom hierdie jaar

Tuin en spens

In hierdie dokumentêr deel die kunstenaar en skrywer, Louis Jansen van Vuuren, hoe jy ’n vegan-leefstyl maklik en lekker kan aanpak.

1, 2, 3, Ouers!

Die moet-kyk program vir nuwe ouers! Hier is raad oor swangerskap en baba se eerste jaar. Kenners kom kuier by aanbieder, Rozanne McKenzie.

Mooi: Frankryk

Die keer maak Anet Pienaar-Vosloo se vriende hul Franse deure oop vir 'n binnekyk - die inspirerende stories van Suid-Afrikaners wat hier kom mooimaak het, is 'n fees vir die oog.

Plan van aksie

Nadine Vosloo en Hamilton Wessels help iemand om ’n spasie in hulle huis nuwe lewe te gee. Al die tegnieke is selfdoen - so jy kan kyk en leer.

Wys my 'n huis

Eiendomsagente soek die perfekte huis vir nuwe huis-eienaars, families en paartjies. Die agente skarrel om hul wenslysies te tik, maar gooi ook 'n verrassings-opsie hul kant toe.

Kies die lewe

Die skrywer Ivor Swartz gesels elke week met ’n gas oor hul reis met depressie en geestesgesondheid. Die sielkundige Mariaan Prins gee ook insig en raad vir elke onderwerp

Privaatspeurders

Ben Booysen van Devilsdorp-faam en nog drie privaatspeurders vertel die mees boeiende en opspraakwekkende stories van hul loopbane.

Kookpunt

Die sjefs en aanbieders, Yolani Abrahams en Chris Erasmus, daag weekliks drie sjefs uit. Die sjefs moet drie verskillende geregte opdis met lukrake bestanddele en dit voorsit vir ’n prys van R25 000.

Kom ons braai: celebs

Twee gesinne braai teen mekaar om as wenners gekroon te word. Elke episode se beoordelaars is glanspersoonlikhede wat die deelnemers verras.

Kelderklas

Ons verken die Suid-Afrikaanse wynbedryf met die aanbieder JP Quickelberge. Hy besoek top-wynplase, ontdek geheime kelders en proe wyn-geïnspireerde geregte wat deur die sjefs voorberei is.

Uit die slaapkamer

Gemaklike seks-gesprekke VIA dr. Elna en die wat wil

Besigheid op 'n bord

’n Vyfster-restaurant is op die spel! Vier topsjefs moet beoordelaars beïndruk met hul kookvernuf en die wenner kan die leisels oorneem by die Just Amy-restaurant buite Swellendam.

Outopsie

Die senior forensiese patoloog, dr. Hestelle van Staden, vertel wat werklik agter die teaterdeure gebeur. Van skietwonde, steekwonde en stompgeweld tot verwurgings. Sy bestudeer boeiende sake waar forensiese patologie ’n belangrike rol gespeel het.

Speeltoneel

Aspirant-akteurs se kans op die silwerskerm is hier. Na kortfilm-oudisies regoor die land, gee die nuwe draaiboeke nuwe stories vir ons nuwe sterre.

Wildebees-avonture

Deelnemers kry ’n kans om al die groot items op hul emmerskoplysies af te tik.

Meer as grond

’n Kortformaat dokumentêre reeks wat weekliks oor plaaslike landboukwessies gesels. Planne en raad word gedeel deur ons span kenners.

Elvis B(l)ou

Elvis Blue en sy vrou Chireze het 'n bus gekoop en het groot planne daarvoor – met ‘n verhoog op die dak en al! Verskeie uitdagings word hulle kant toe gegooi. Sal hulle kan saamwerk en op hul voete kan dink?

Laat die potte prut: Kampioene

In dié splinterreeks keer wenspanne uit vorige seisoene terug en kompeteer om te sien wie die land se lekkerste potjiekos maak. Kan hulle betyds hul feesmaal voltooi én die beoordelaars beïndruk?

Sing in harmonie

Die grootste skoolkore-kompetisie is terug met koorsang van ons land se top skoolkore. Kom reis saam met ons deur die land op soek na die beste skoolkore in Suid-Afrika.

Stoofstories met Marinda

Goeie kos en lekker mense lê Marinda Engelbrecht na aan die hart. In dié reeks kuier en kook sy met Suid-Afrikaners wat al diep spore in ons land getrap het, en maak onthou-kos uit hul jongdae.

Jou geldsake: Meesterklasse met Theo

Finansiële kenner Theo Vorster help mense wat wroeg oor hul geldsake, om nuut te dink oor geld. Hierdie kenner en skrywer, met sy gelyknamige boek, se meesterklasse kan almal baat om meer suksesvolle finansiële besluite te neem.

Huisgenoot Blokraaibestes

Ons is op soek na die land se blokraai-boffin. Drie deelnemers se woordeskat en taalkennis word op die proef gestel om te kyk wie uiteindelik blokraai-koning kraai. Cintaine Schutte is die aanbieder.

Koningin Lear

’n Herverbeelding van Shakespeare se King Lear. Elizabeth Lear kondig aan dat die besigheid tussen haar drie seuns verdeel sal word. Dit ontketen ’n familietwis van reuse-omvang.

Opdrifsel

’n Egpaar se lewe word uitmekaargeskeur wanneer hul enigste kind doodgaan. Kan hul huwelik dié storm oorleef? ’n Storie oor hartseer, verlies, hoop en herbou. Met Tinarie van Wyk Loots en Brendon Daniels.

Die naaimasjien

In hierdie verfilmde teaterstuk neem Sandra Prinsloo ons met deernis en humor terug na ’n tyd van melkaflewerings, sykouse met nate, moerkoffie en melkskeiers.

Asem

Een stormagtige aand gedurende die laaste dae van die Suid-Afrikaanse oorlog, in ’n uitgebrande skuur van ’n plaas lê ’n gewonde Boeregeneraal wat versorg moet word. Met o.a. Antoinette Kellerman en Tinarie van Wyk Loots.

Ry of bly

‘n Bekende motorhandelaar is op soek na ’n nuwe verkoopsagent. In elke episode kry deelnemers ’n uitdaging om te sien wie eindelik wegstap met die titel.

'n Woolies Kersfees-Kookstryd met Minki

Idees vir jou kersspyskaart met sjefs en foodies Nic van Wyk, Yolani Abrahams, Jacques Erasmus en Zoë Brown. Minki van der Westhuizen is die aanbieder en besluit wie wen.

Rachel's Angels: Inspirasiestories

Ons kuier by die prof. Rachel Jafta en die Rachel’s Angels-mentorskapprogram. Dié program het ’n groot verskil gemaak aan jongmense uit benadeelde gemeenskappe wie se toekoms daardeur handomkeer verander het.

My berge met Bouwer

Bouwer Bosch gaan op ’n reis op sy motorfiets om die mooiste bergpasse in Suid-Afrika te verken. In elke episode pak hy ook ’n berg in sy persoonlike lewe aan met ’n vriend in die vermaakbedryf.

Martelize se stamtafel

In dié kook-en-geselsprogram kuier die radio-omroeper, Martelize Brink, met bekendes in haar kombuis en kook disse uit hul plek van herkoms. Haar gaste leer ook meer oor hul eie stambome.

Ram vir 'n Rus

Twee Russiese vrouens op soek na liefde en kry die kans om die Suid-Afrikaanse man van hul drome te ontmoet.

Gekies vir die kollig!

Aspirant-akteurs en -skrywers kry die geleentheid om hul eie monoloë te skryf en dan vir beoordeling te verfilm. Saam met ons mentors word spel vir kamera ontwikkel en hul skryftalent vlerke gegee.

Die beste van Konings van kitskos

Hoogtepunte uit Alvin Bruinders en Gerhard Steyn se reis om die lekkerste kitskos in die land te vind. Ontmoet ook die karakters wat dié kosse maak.

Op soek na Eden

Joernalis Marliza van den Berg toer deur die wêreldberoemde Tuinroete in die Suid-Kaap. Kom beleef die unieke streek vanuit jou rusbank.

Boerediva

Kos maak word teater in Helene Lombard se boheemse kombuis. Verbeeldingskos, erfgoed en nuwighede word opgedis.

Van die grid af

In dié dokkie-reeks klop ons aan by Suid-Afrikaners wat moeg geword het vir die lewe in die stad en dit verruil het vir 'n onafhanklike tuiste sonder die nutsdienste waaraan die meeste mense gewoond is

Slim vang sy baas

Omring jy jou met slimkoppe? In dié prettige vasvra-en-speletjiesprogram spook twee spanne van drie dit teen mekaar uit om te wys wie is die skerpste potlood in die pakkie. Met Beer Adriaanse as aanbieder.

Koskuns met Lientjie en Wilhelmina

Lientjie Wessels en Wilhelmina Thirion Garção is lief vir alles wat magies en mooi is. In dié kosreeks reis hulle na asemrowende plekke wat dan as inspirasie sal dien vir hul unieke geregte.

'n Woolies Winter-kookstryd

Minki van der Westhuizen en Woolworths se winter-kosavontuur waar sjefs en foodies dit uitspook in die kombuis.

Karoo-kombuis

Die restaurant-eienaar Almare Fourie nooi ons haar kombuis op Graaff-Reinet binne waar sy, met die hulp van ander kleurryke karakters uit die Groot Karoo, eerlike en onopgesmukte tuiskos kook.

Herman se kortpaaie

Die koskenner Herman Lensing nooi ons sy TV-kombuis binne om die beste kortpad-wenke en -resepte te deel wat jou tyd én geld sal spaar.

Wysneusies

Suid-Afrika se kleuters is aan die woord. In elke episode besoek ons ’n plaaslike kleuterskool waar die bekkige kleinspan stories en liedjies deel.

Doodgewone Jo

In dié geselsprogram nooi die geliefde Jo Black bekende gaste sy ateljee binne om hulle beter te leer ken en, in die proses, saam opwindende uitdagings en aktiwiteite aan te pak.

Tuintoere

Dié prentjiemooi TV-reeks neem kykers op 'n toer deur van die allermooiste tuine in Suid-Afrika.

Eendag

Paartjies wat nie die geleentheid gehad het om die knoop by die kansel deur te haak nie, kry die kans om uiteindelik hul troudae te vier. Die kinkel? Hulle het net een dag om al die troureëlings self te tref.

Skud dit af

Die konings van kitskos, Alvin Bruinders en Gerhard Steyn, skuif 'n slag die burgers en tjips opsy om 'n gesonder eet-en-oefenplan aan te pak. Sal dié duo die kilo's kan afskud? Melinda Bam is die aanbieder.

’n Woolies-Paasfees met Minki

Die geliefde Minki van der Westhuizen wil braai, piekniek hou en fancy eet vir Paasfees. ’n Trio kosmakers Yolani Abrahams, Jacques Erasmus en Clem Pedro help haar met resepte en raad vir die langnaweek.

Die staat teen

In dié misdaadreeks slaan staatsaanklaers oplaas hul vertroulike lêers oop om te vertel van die uitdagendste of onvergeetlikste hofsake van hul regsloopbane.

Liewe Antie Mona

Die Son se gewilde Antie Mona en haar helpers los lesers se probleme op.

Herman se mikro-geheime

In dié kos-en-geselsprogram nooi SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, bekende gaste sy kombuis binne om hulle beter te leer ken én hulle te wys ’n mens kan wel fynproewerkos in die mikrogolf maak.

Die beste van Huisgenoot: Ware lewensdramas

Ons kyk terug na die mees opspraakwekkende en onvergeetlike stories uit ses seisoene van die VIA-trefferreeks Huisgenoot: Ware lewensdramas.

Ghoema woema

Ons verken die oorsprong, leeftyd en emosionele stories van jazz – ’n plaaslike danssoort wat die Kaapse gemeenskap in die 60’s en 70’s saamgebring het.

Date, agteruit

In dié maatsoekprogram volg ons twee enkellopendes vir ’n dag om te sien of hulle ’n konneksie kan vorm. Die kinkel: Hulle moet vir 'n dag paartjies se mylpaal-oomblikke in trurat beleef.

Die argitekte

In elke episode van dié reeks neem ’n argitek ons op ’n toer deur drie asemrowende ruimtes: een wat hulle self ontwerp het, ’n een wat deur hul argitek-held ontwerp is en hul eie huis.

Afloskombuis

Twee spanne van drie kook teen mekaar in ’n aflos-styl-kookkompetisie. Net een deelnemer per span mag op ’n slag kook, maar sal die spanlede mekaar se rookseine kan ontsyfer?

My Kersfeeskombuis

In dié vyf-episode-feestydbonanza nooi plaaslike topsjefs ons hul kombuise binne en wys ons hoe om hul beste Kersfeesspyskaarte te maak.

Red my hare, Junior

Charles Junior Louw, een van die mees gesogte haarstiliste in die land, neem vroue met nagmerrie-haarstyle onder hande om vir hulle nuwe kapsels te gee wat meer gepas is vir hul leefstyle én persoonlikhede.

Ek wou nog sê

’n Geselsprogram waarin Afrikaans se voorste skrywers en woordmense hart oopmaak oor die mag van poësie en die geskrewe woord. Daniel Hugo is die aanbieder.

'n Woolies-Kersfees met vriende

Die smulpaap Sam Woulidge en die sjef Jacques Erasmus, van die restaurant Hemelhuijs, span kragte saam met Woolworths om te wys hoe jy dié feestyd ’n maklike en heerlike Kersmaaltyd vir jou hartsmense kan voorsit.

Ouma weet mos

In dié werklikheidsprogram span ’n trio dinamiese oumas hul kollektiewe wysheid in om ander ’n hupstoot te gee.

Dans in jou taal

In elke episode van die gewilde danskompetisie vir Suid-Afrikaanse skole, spook twee jong dansers dit teen mekaar uit om deur ons beoordelaars as die wenner gekies te word.

Jou tune

Van Afrikaanse musiek se gewildste kunstenaars kom kuier by Monique Steyn in die ateljee en gesels oor alles van liedjies tot die lewe.

Die flinkste familie

Hoe slim is jou gesin? In dié prettige vasvra-en-speletjiesprogram spook twee gesinne dit uit om te wys wie is die skerpste potlood in die pakkie. Met Beer Adriaanse as aanbieder.

Terugkeer

’n Bekende se reis na hul grootword-dorp is ’n nostalgiese blik op hul eie storie en die dorp s’n. Elke kuier word gevier by ’n plaaslike restaurant wat die tafel dek vir hul bekende boorling.

Sjefhuis

In dié program maak agt jong sjefs hulle tuis in ’n villa waar hulle meeding om ’n vet kontantprys én ’n vakleerlingskap by die sjef Bertus Basson. Maar wat gebeur tussen die uitdagings? Kyk saam, want die kameras hou aan rol.

Vir die liefde van die land

In dié doku-reeks reis joernalis Ivor Price Suid-Afrika plat en klop aan by van ons land se mees inspirerende opkomende boere. Hy hoor van hul terugslae en teleurstellings, maar ook hul stories van samewerking en versoening.

Wian

SA se grootste TikTok-ster kom TV toe. In dié werklikheidsprogram volg ons kameras hom waar hy mense op straat by sy kulkunsies betrek – en ook ’n paar poetse bak.

Die liefde-eksperiment

Kan twee vreemdelinge ná 36 vrae verlief raak? Die wetenskap sê ja! In elke episode van dié maatsoekprogram sal ses enkellopendes wat mekaar van g’n kant af ken nie dié sosiale eksperiment op die proef stel.

Omgee-engele

Vir 15 jaar, werp Jacaranda FM se Breakfast with Martin Bester ’n lig op die wonderwerkers in ons midde. Ons herbesoek Good Morning Angels se mees merkwaardige stories.

Rusbanksessies met Dozi

Dozi nooi sy musikantvriende plaas toe vir intieme jam-sessies en geselse om die vuur. In samewerking met Vonk Musiek.

Kopskuif

Ses oorgewig deelnemers volg ses uiteenlopende gewigsverliesprogramme. Wie gaan die skaal laat les opsê? Saam met KeyHealth.

Inbly saam met...

Intieme musiekkonserte met kunstenaars soos Karlien de Villiers en Dewald Wasserfall in die gemak van jou sitkamer. In samewerking met Coleske Artists.

Hamm & Uys

Die innoverende sjefduo Johnny Hamman en Marius Uys nooi hul helde vir asemrowende dankie-sê-etes.

Die presidentsvrou

Die ambisieuse Paloma verruil haar vissersdorpielewe vir die groot stad. Hier kruis haar paaie met ’n teaterregisseur en die land se toekomstige president: Wie gaan haar hart wen?

Swartskaap

Van bendeleiers tot sekswerkers, dié in-diepte doku-reeks werp ’n lig op die randfigure van ons samelewing.

Agter tralies

Oortreders vertel ons van die misdade wat hulle in die tronk laat beland, die tyd wat hulle agter tralies spandeer het, en hoe hulle ná hul vrylating hulle lewens in die buitewêreld herbou het.

Vermis

Doreen Morris ondersoek die onopgeloste sake van Suid-Afrika se vermistes. Sy ontmoet naasbestaandes en ontsyfer hul vermiste geliefdes se doen en late voor die verdwyning.

Die lewe skuld jou niks

Die onblusbare Marlene le Roux lei ’n geselsprogram oor die verskeie vorms van verlies wat mense aanraak. Gaste met stories van seer sluit by haar aan in die ateljee om hart uit te stort.

Musiekpaniek

’n Speletjiesprogram waarin top- Afrikaanse musiekkunstenaars en hul aanhangers dit in die atlejee uitspook in ’n tawwe musiek-vasvra. Carla McKenzie is die aanbieder.

Pak weg, pak reg

Die slim planmakers Carin en Jani omskep in 'n paar stappe nagmerrie-vertrekke tot orde. Saam met TUIS-tydskrif.

Musiekpaniek se bestes

‘n Keur van die beste Musiekpaniek-episodes waar top-Afrikaanse musiekkunstenaars en hul aanhangers dit in die ateljee uitspook in ’n tawwe musiek-vasvra. Carla Mackenzie is die aanbieder.

Aansit

Kosfoendi’s neem deel in groepe van drie om ’n tamaai prys van R150 000 los te slaan. Elke groep moet ’n koservaring skep wat ons beoordelaars se sintuie sal oorrompel.

Gesondheid, prontuit

Dr. Rust Theron verken die stories van regte pasiënte se mediese reise – in hulle eie woorde. Dokters en ander mediese kenners deel hul insigte en raad oor dié pasiënte se siektes en kwale.

Die moordenaar in my familie

Die familielede van bekende moordenaars vertel hul stories en werp 'n lig op hoe dié misdade hulle gesinne geruk het.

Die Britte se taaiste dossiere

In die mini-reeks vertel Britse offisiere, speurders en forensiese wetenskaplikes van die misdade wat hulle tot vandag toe bly spook.

Die Koevert

In elke episode, kry een bekende die geleentheid om die kollig te skyn op drie onbekende helde en hulle te verras met ‘n stewige bedrag kontant. Een van hul koeverte gaan aan iemand wat ‘n kans verdien, die volgende aan iemand wat erkenning moet kry, en die laaste is ‘n groot dankie.

Op en af

In dié komedie volg ons drie paartjies wat in dieselfde woonstelblokwoon. Op die oog af lyk almal baie gelukkig, maar agter geslote deure klop al drie paartjies by ’n aanlyn-huweliksberader aan.

Ottolenghi se fees

In dié vierdeel-dokkie nooi die meestersjef Yotam Ottolenghi kykers op ’n kosreis deur die eilande van die Middellandse See.

Die bruid-boetiek

Die ontwerper Diaan Daniels en sy span help bruidspartye en matrieks om die perfekte uitrusting te kies vir hul groot dag.

Die Testament

Die blitssepie Die Testament handel oor die supperryk Weyers-gesin wat geruk word deur die patriarg, Sebastian Weyers, se skielike dood. Sy drie kinders en lewensmaat kom dan bymekaar vir die lees van die testament wat hul lewens verder omdompel.

Besigheid wat saak maak

In dié program kyk ons na die hartklop van ons gemeenskappe: klein besighede, entrepreneurs en planmakers. Die aanbieders Rozanne McKenzie en Anton Schmidt verseker ’n vermaaklike, interessante aanslag.

Myne vir joune

Twee familielede van twee families verruil hul gemaksone om vir vier dae by die ander familie te spandeer.

Vergewe my

Oortreders wat op soek is na vergifnis besoek hulle slagoffers en dié se naastes. Sal hierdie ontmoeting tot versoening lei of nie?

Boer maak 'n plan

Ter viering van Landbouweekblad se 100ste verjaarsdag, vertel ons die stories van boere wat hul hande vuil maak en hul grond gebruik vir nasiebou.

Uit die spens

Ons delf in Die Burger se argiewe om nostalgiese onthoukos te maak. Twee gaste sluit by die aanbieder Lynelle Kenned aan om twee geregte te kook: Die historiese resep en ’n moderne weergawe.

Boereverneukers

Die RSG-omroeper Izak du Plessis delf diep in die verlede om die stories van interessante Afrikaanse skelms uit die argiewe te ontgin.

Gebroke Harte

’n Dramatiese ongeluk sorg dat twee families se babas omgeruil word. Vyftien jaar later kruis dié twee uiteenlopende families se paaie.

Trap! Dis my huis

VANAF 15 JANUARIE 2020

Stem saam

Drie hoërskole se a cappella-groepe laat hul stembande werk om as die 2019 Animato A Cappella-sangkompetisie se kampioene gekroon te word.

Stories wat saak maak

Coenie de Villiers werp lig op die stories van ondernemings en organisasies wat inspirerende projekte aanpak om Suid-Afrika te dien.

Sien, smaak, slaap

Die paartjie Henk en Suna Brand is gek oor reis. Week na week ontwerp hulle ’n onvergeetlike ervaring in en om die Kaap vir ‘n kieskeurige toeris.

Dit proe soos huis

Die geliefde SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, bring hulde aan sy ma. Hy kook haar koester-geregte saam met ander kosmense wat weer hul nostalgie-resepte deel.

Ster-status

Die Apprentesses-projek gaan oor jong vroue wie se sosiale media bedrywighede hul erns is. Ons kameras volg die jaar se kompetisie om te sien wie die wenner is.

Boshospitaal

Ons kameras volg die doen en late van die reddingspan by die Hoedspruit Endangered Species Centre wat hulle lewens waag om Afrika se mees bedreigde diere te beskerm.

Heerlik halaal

Die susters is vasberade om Halaal-kookkuns bietjie op te spice, en wil hê nie-Halaal-eters moet ook saamsmul.

Kom ons braai: kampioene

Ná 12 seisoene van Kom ons braai, gaan van die reeks se kampioene braai om te sien wie nou eintlik ons beste braaier is. Die gerekende braaisjef Kobus Botha kom al die pad van Frankryk om aan te bied.

Land en strand

Bok van Blerk en boesempêl Mark maak lyne nat dwarsoor Afrika. Hulle besoek elke week 'n nuwe visvangbestemming om langs die water te kuier en kook.

Sê vir mamma

In dié maatsoekprogram kry ’n ma die kans om tussen twee vroue te kies wat op ’n romantiese afspraak met haar enkellopende seun mag gaan.

Honger

Die sjefs Piet Marais en Frik Oosthuizen vat die pad om Suid-Afrika se minder bekende bestanddele op te spoor vir nuwe superdisse.

Dr. Nou

Dokter Jurgens Grové en dokter Riekie Smit werk saam om pasiënte se selfbeeld ’n hupstoot te gee deur middel van kosmetiese prosedures en tandheelkunde.

Keerpunt

Dié doku-reeks verken die ware stories van gewone mense se dramatiese ervarings en hoe dit hul lewens handomkeer verander het.

1, 2, 3 fixit!

Drie paartjies spook dit uit om ’n huis vertrek vir vertrek geheel en al reg te ruk – en as die wenners van die kompetisie gekroon te word. Lynelle Kenned is die aanbieder. Saam met Tuis-tydskrif en geborg deur BUCO, Timbercity en Indawo.

Kom ons braai: wenners

Ons gunstelingtydverdryf is nou ’n sosiale eksperiment. Drie paartjies wat mekaar nie ken nie, braai by mekaar en heelwat gebeur om die vuur. En ons praat nie net van die lekker kos nie!

Klankbord

Voorste rockers se bekendste liedjie is die inspirasie vir ’n topsjef se fynproewergereg. Met die sjef en rockmeisie Ilse van der Merwe.

Armand kook kaal

Die akteur Armand Aucamp nooi bekende gaste sy kombuis binne om keto-resepte en raad te deel wat jou sal help gewig verloor én laat beter voel.

Iewers in Afrika

In elke episode werk twee bekendes vir vier dae op ’n Afrika-plaas buite ons grense. So met die werk saam tref harde werklikhede ons sterre.

Geldhelde

In dié seisoen kuier ons aan't huis by gewone mense wat hul persoonlike finansies tot die volgende vlak wil vat. Ons toet dan ook hul finansiële kennis in 'n mini-vasvra waar hulle 'n paar ekstra rande vir die spaarvarkie kan wen.

Minki

’n Geselprogram met die geliefde Minki van der Westhuizen. Sy nooi ’n verskeidenheid mense wat haar inspireer en verras hul soms met nog gas.

Wraak my mooi

’n Mooimaakprogram waar dertien mense met stories van seerkry die kans het om deur middel van kosmetiese prosedures op hul verlede wraak te neem.

Openbarings

’n Geselsprogram oor onortodokse godsdiensgroepe in Suid-Afrika soos gesien deur die oë van die leiers, lede, oorlopers en families. Sandra Prinsloo is die aanbieder.

Wolfgat

Ons klop aan by die sjef en kossnuffelaar Kobus van der Merwe se restaurant, Wolfgat, op Paternoster. Hy wys ons hoe om fynproewerkos met veldkos en ander strandbestanddele te maak.

Kyk of koop?

Die eiendomsagente, Meyer Swanepoel en Margot van Wyk, spook gedurende elke episode dit uit om vir potensiële kopers die perfekte woning te vind.

Stik-stik so

Altesame 14 passievolle naaldwerkers stik en steek dat dit spat om die titel van naaldwerkmeester en ’n bielie van ’n prys los te slaan. Met die aanbieder Anne Hirsch.

Baard, bos en kos

Die sjef John Hall en die baardolie-baas Meyer le Roux daag mekaar uit om fynproewer-geregte in ongewone en aardige plekke te kook in Baard bos en kos.

Blitsbrein

’n Vasvraprogram waar slimkoppe dit uitspook om as SA se Blitsbrein gekroon te word. Met die akteur Pietie Beyers as aanbieder.

Konings van kitskos

In dié kosprogram is die tjommies Alvin Bruinders en Gerhard Steyn op ’n reis om die lekkerste kitskos te verorber en om die karakters te ontmoet wat dit maak.

Slagmeester

Die vleisghoeroe Edu Hanekom is op soek na ’n vakleerling vir sy vleispaleis. Twee aspirant-slagters moet hom wys wat in hulle steek.

Maklik met Marinda

Die eksentrieke Marinda Engelbrecht gee kitsklasse vir bekendes wat sukkel in die kombuis.

Kom ons kamp

In die voetspore van Kom ons braai volg ’n kompetisieprogram vir kampeerders. Drie spanne spook dit uit om as die topkampeerders gekroon te word. Met die aanbieder Paul du Toit.

Noodlig

In dié werklikheidsprogram volg ons kameras Johannesburg se ER24-paramedici-span op pad na ongelukke en ander krisisse waar hulle dag en nag baklei om lewens te red.

Ete vir twee

Iemand wat nog altyd twee van hul enkellopende vriende aan mekaar wou voorstel, nooi hulle vir ete. Kupido speel sjef en die paartjie speel koskritici.

Die Radio Raps show

Die Afrikaanse internetsensasie Radio Raps skerts in dié werklikheidsprogram met ons dorpe, ons kinders en kos.

Bertus se feestafel

In dié spesiale feesbonanza nooi Bertus Basson en sy vrou, Mareli, ons hul kombuis binne en wys hulle hoe jy op ’n eg Suid-Afrikaanse én byderwetse manier in Desember kan feesvier.

My vreemde vriende

DuPreez Strauss het 5 000 Facebook-vriende – die meeste wat jy op 'n persoonlike rekening mag hê. Hy ontmoet nou sy ongewone skermvriende in lewende lywe.

Herman se fees

In dié spesiale feesbonanza nooi die SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, ons sy kombuis binne en deel hy oulike idees vir ’n feestyd-okkasie waaroor jou gaste vir weke sal skinder. Herman se fees is met trots geborg deur Checkers.

Die roof-dossiere

Ons verken die stories agter die grootste rooftogte in die Suid-Afrikaanse geskiedenis soos vertel deur misdaadkenners en dié wat daar was.

JAN

Bekroonde sjef Jan-Hendrik van der Westhuizen keer terug na eie bodem en vat ons op ‘n seldsame Kalahari-kostoer waar sy nuwe restaurant, Klein JAN, oopgemaak het.

Opgetof

Eugene Coetzee en Rinet Engelbrecht wys ons hoe om jou spasie te gebruik om geld te maak.

Speel met vuur

Mynie Steffens het ’n passie vir kosmaak. Sy en die vervaardiger en fotograaf Adi van der Walt reis na oulike plekkies in Suid-Afrika en braai buitengewone kos.

Nisboere

Nisboere bied nis-gelaaide opwinding met nis- en kommersiële boere. Die klem is op nuwe geleenthede vir mense wat hul hand wil waag aan 'n boerdery wat aanvanklik min grond en 'n relatief klein kapitale uitleg verg, maar nogtans die potensiaal het om tot 'n aansienlike besigheid te ontwikkel. Nisboere verruim konvensionele opvattings oor die landboubedryf, en wys op 'n eenvoudige manier dat waar daar 'n wil is, is daar 'n weg. As jy regtig wil boer, kán jy!

Huisgenoot: Ware Lewensdramas

Ons herleef dié eeu oue tydskrif se dramatiese en ikoniese stories. Ons besoek die karakters, kenners en joernaliste agter die stories.

Kom ons braai: familie en vriende

Ons gunstelingtydverdryf is nou ’n sosiale eksperiment. Familie en vriende braai by mekaar en heelwat gebeur om die vuur. En ons praat nie net van die lekker kos nie!

Goed, beter, Bertus

Die sjef en restaurant-eienaar Bertus Basson nooi ons na sy kombuis om sy resepte, kookgeheime en kosstories te deel.

Skoon

Obsessiewe skoonmaker Mariska Basson en mooimaker Carmen sak mense se huise toe waar chaos heers. Hul regrukplanne en harde werk sorg vir dramatiese transformasies.

Kaap, kerrie en koesisters

In Kaap, kerrie en koesisters is die vrolike tweelingsusters Fatima en Gadija passievol oor alles wat Kaaps-Maleis is. In elke episode word 'n held van hul omgewing met 'n feesmaal bederf omdat hy of sy so goed is vir die gemeenskap.

Ken jy jou kos?

Ken jy jou kos? is ’n speletjiesprogram met ’n vars aanslag. Die komiese waaghals en radiopersoonlikheid MalJan ook bekend as Johan van der Merwe, besoek kosmarkte en vind uit hoe goed Suid-Afrikaners werklik hul kos ken. Vars programme word elke Maandag om 18:00 uitgesaai.

Kruidjie roer my

Op Theefontein deel Antoinette Pienaar en Oom Johannes Willemse die geheime van kruie en boererate met ons en wys hoe dié wonderkure die weg na ’n gesonder jy sal baan.

My plek of joune?

Twee huismaats wie se smaak hemelsbreed verskil, skiet ‘n muntstuk op om te sien wie kry die kans om een vertrek in hul woning teen ‘n begroting, teen tyd en saam met ‘n kennerspan oor te doen.

Plaaskombuis

Die geliefde Elma Postma vat die pad plaas toe om die kombuistafels te besoek waar die land se beste boerekos gemaak word. Saam met Landbouweekblad.

Flori en Koelsoem se kosse

Flori Schrikker en Koelsoem Kamalie, die legendariese tannies van Bonteheuwel, nooi ons binne hulle kombuis en deel die geheime van Kaapse kookkuns met ons.

Weg! Agterpaaie

Weg!-tydskrif se Sophia van Taak en Toast Coetzer neem ons op ’n reis na die Groot-Marico en herbesoek die kleurryke mense en plekke wat dié streek so spesiaal maak.

Laat die potte prut

Drie spanne spook dit uit om te sien wie die lekkerste potjiekos in die land kan maak. Kan hulle betyds hul feesmaal voltooi én die beoordelaars met hul smake beïndruk?

Pasgetroud

Hou saam bruilof via bruidspare se wenslysies. Kan die troue van jou drome ’n werklikheid word? Op hierdie reeks volg die kameras paartjies op hul troudag en ons kyk of hul grootste wenslyste vir hul groot dag vervul word.

Op pad met Dana

Onse stories via Dana se reise. Die kameras volg die bekroonde joernalis en skrywer Dana Snyman soos hy deur ons land reis, regte mense ontmoet en na hul stories luister.

Op die spyskaart

Twee passievolle kokke spook dit uit om te sien wie se spog-gereg goed genoeg is vir een van Johannesburg se topspyskaarte. Met aanbieder Amori Burger.

Jy het ’n Wenresep!

Eerste plek in die kombuis via Carmen die kosghoeroe. Drie hoopvolle kokke spook dit uit sodat die ikoniese HUISGENOOT-kosredakteur, Carmen Niehaus, vir een van die disse die gesogte Wenresep-status kan gee.

Kom ons braai

Ons gunstelingtydverdryf is nou ’n sosiale eksperiment. Drie paartjies wat mekaar nie ken nie, braai by mekaar en heelwat gebeur om die vuur. En ons praat nie net van die lekker kos nie!

Die Kliek

Die vroue is in beheer en die mans moet ’n goeie indruk maak - aanlyn én in die ateljee. Die komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

Landbouweekliks

Pietman, Johnny en Vicky besoek besonderse boere regoor Suid-Afrika en hou kykers op hoogte van die jongste verwikkelinge in die landboubedryf.