Nuusbrief

Vir stories, resepte en TV-hoogtepunte teken in op die VIA-nuusbrief. Vertel ons wie jy is sodat ons jou op datum kan hou met al VIA se dinge.

Deur op dié nuusbrief in te teken, aanvaar ek die Media24-groep se privaatheidsbeleid. Ek het dit gelees en ek verstaan die inhoud daarvan.

Kanselleer
Teken in

Wees op VIA?

...

...

Kanselleer
Stuur inskrywing

Op watter program wil jy wees?

Kom ons braai

Kom ons braai: familie en vriende

Laat die potte prut

My plek of joune?

Myne vir joune

Adverteer op VIA

Klik hier om ons kommersiële span te kontak.

Kontak gerus vir Betsie Viljoen by
Betsie.Viljoen@media24.com
+27112173119


Vir vervaardigers

Het jy ’n voorstel vir ’n VIA-program?

  • ENG
  • AFR

As jy ’n programvoorstel het, stuur dit asseblief na voorstelle@viatv.co.za met die programnaam as die onderwerp.


If you would like to propose a show, please send it to voorstelle@viatv.co.za with the programme name in the subject line.


Kontak ons

Het jy ’n vraag? Wil jy met ons gesels?

Menu

Herman se mikro-geheime: Episode 6

Meer resepte

Prei-en-aartappelsop 

45 ml botter 
30 ml olyfolie  
400 g dik spek (Kasselse tjops), in blokkies gesny  
4 grasuie, fyngekap  
4 preie, gesny
500 g aartappels, geskil 
250 ml hoenderaftreksel 
200 ml melk  
250 ml room 
sout en varsgemaalde swartpeper 

Plaas die botter, olyfolie, spek, grasuie en preie in ’n mikrogolf-bestande bak en “braai” vir 5 minute of tot dit begin verbruin. Sny die aartappels in growwe stukke en voeg dit by. Mikrogolf vir 5-8 minute. Voeg die aftreksel, melk en room by en bring tot kookpunt. Mikrogolf vir 5 minute. Verwerk dan in ’n voedselverwerker tot ’n gladde mengsel. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor. 
 


Hoender in mosterdroomsous  

olyfolie vir braai 
1 ui, baie fyn gekap 
9 preie, in skywe gesny 
250 g bruin sampioene, gekap 
1 hand vol tiemie, fyngekap 
gerasperde skil van 1 suurlemoen 
125 ml witwyn 
250 ml hoenderaftreksel 
250 ml room 
30 ml korrelmosterd 
sout en varsgemaalde swartpeper  
8 hoenderdye 
1 hand vol Italiaanse pietersielie of ekstra tiemie vir garnering 

Plaas die olie in ’n mikrogolf-bestande bak, voeg die uie en preie by en mikrogolf vir 2 minute. Voeg die sampioene by en mikrogolf vir nog 2 minute. Voeg die tiemie en suurlemoenskil by. Giet die witwyn, aftreksel en room by en meng deur. Voeg die mosterd by, geur goed met sout en peper. Pak die hoenderstukke in die sous en mikrogolf nou vir 15-20  minute of tot die hoender gaar is. Geur en sit voor met pietersielie of tiemie. 



Croissant-broodpoedingkoek
  
8 croissants  
1 x 300 g-piesangbrood  
1 liter melk  
5 eiers  
200 g (250 ml) suiker  
10 ml kaneel  
400 g kersies, ontpit en grofgesny  
100 g pekanneute, gekap  
100 g donkersjokolade, grofgekap  
500 ml vanieljevla vir voorsit  

Breek die croissants in kleiner stukke in ’n groot mengbak. Krummel die piesangbrood in kleiner stukke en voeg dit by die croissants. Voeg die res van die bestanddele by en meng deur. Maak seker alles is goed bedek. Skep die mengsel dan in ’n silikoon-Bundtpan en mikrogolf vir 20-25 minute tot gestol. Keer uit op ’n opdienbord, giet die vla oor en sit voor. 

 

Al -resepte

Maalvleis-samoesas

Vir nog

Hoender met Bertus se brandrissiesous

Vir nog

Gys de Villiers se veganistiese fees

Vir nog