Maalvleis-samoesas
Vir nog
Nuusbrief
Vir stories, resepte en TV-hoogtepunte teken in op die VIA-nuusbrief. Vertel ons wie jy is sodat ons jou op datum kan hou met al VIA se dinge.
Wees op VIA?
Adverteer op VIA
Klik hier om ons kommersiële span te kontak.
Kontak gerus vir Betsie Viljoen by
Betsie.Viljoen@media24.com
+27112173119
Vir vervaardigers
Het jy ’n voorstel vir ’n VIA-program?
As jy ’n programvoorstel het, stuur dit asseblief na voorstelle@viatv.co.za met die programnaam as die onderwerp.
If you would like to propose a show, please send it to voorstelle@viatv.co.za with the programme name in the subject line.
Meer resepte
Blomkoolsop
Genoeg vir 6 mense
115 g (125 ml) botter
3 sprietuie, gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 kop (500 g) blomkool, in kleiner stukke gebreek
1 rooi brandrissie, fyngekap
500 ml hoenderaftreksel
250 ml melk
sout en varsgemaalde swartpeper
225 g chorizo-wors, in ringe gesny
55 g (60 ml) botter
1 Verhit die botter in ’n middelslagkastrol tot goed warm. Voeg die sprietuie en knoffel by en roerbraai 3 minute of tot dit begin verbruin. Voeg die blomkool by en roerbraai nog 5 minute. Voeg die brandrissie, aftreksel en melk by en bring tot kookpunt.
2 Laat kook 10-15 minute of tot sag en gaar. Geur goed met sout en peper. Puree in ’n voedselverwerker teen ’n hoë spoed tot ’n gladde sop.
3 Verhit die 115 g botter in ’n pan en braai die chorizo vir 3-5 minute tot bros en tot die botter ’n rooi kleur aanneem. Skep die sop in bakkies en skep chorizo en lepels vol botter bo-op. Sit dadelik warm voor.
Wenk: Vir ekstra smaak smelt jy 60 ml botter oor medium hitte tot dit begin verbruin. Voeg 30 ml brandrissievlokkies by. Verwyder van die hitte en skep lepels vol oor die sop.
Soort-van-naan met lamkoftas
Genoeg vir 4-6 mense
NAAN
280 g (500 ml) koekmeel
180 ml louwarm water
1 x 10 g sakkie kitsgis
5 ml sout
15 ml swart uiesade
115 g (125 ml) botter, gesmelt
KOFTAS
500 g maalvleis
20 ml fyn koljander
1 hand vol vars koljander, gekap
10 ml fyn komyn
1 brandrissie, gekap
1 eier
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
60 ml olyfolie
250 ml suurroom (crème fraiche) vir voorsit
1 NAAN Verhit oond tot 180 °C en plaas ’n groot bakplaat in die oond om saam met die oond warm te word. Meng al die bestanddele vir die naan saam, behalwe die botter. Meng tot
’n deeg vorm en knie vir 3 minute. Los eenkant op ’n warm plek terwyl jy die koftas maak (die deeg hoef nie te rys nie, net ’n bietjie ontspan).
2 KOFTAS Meng al die bestanddele behalwe die olie en room. Gebruik jou hande en vorm lepels vol van die maalvleis om sosatiestokke se punte. Druk stewig vas.
3 Verhit die olie in ’n pan en braai die kebabs sowat 5 minute per kant of tot goudbruin. Plaas op die bakplaat en bak verder in die warm oond tot gaar – sowat 10 minute.
4 Verdeel die naan in 8 porsies en rol uit op ’n meelbestrooide oppervlak in ’n lang traanvorm. Haal die warm bakplaat uit die oond en plaas die deeg daarop. Bak vir 10-15 minute of tot uitgepof en bruin. Verwyder uit die oond en verf dadelik met botter. Sit warm voor saam met koftas en bietjie suurroom.
Maklike oliebolle
Genoeg vir 6 mense
250 ml melk
210 g (250 ml) strooisuiker
40 g (45 ml) botter, gesmelt
3 eiers
25 ml bakpoeier
5 ml kaneel
700 g (1250 ml) koekmeel plus ekstra vir uitrol
sonneblomolie vir diepbraai
vanieljesuiker – kyk by supermarkte se bakafdeling
250 ml versiersuiker
sap van 1 suurlemoen
45 ml kakaopoeier
1 Plaas die melk, suiker, botter en eiers in ’n elektriese menger se bak. Sif die bakpoeier, kaneel en koekmeel saam. Voeg dit by die melkmengsel en meng teen ’n medium spoed tot ’n stywe deeg.
2 Sprinkel ’n dun lagie meel op jou werkoppervlak en keer die deeg daarop uit. Rol met ’n koekroller tot sowat 1,5 cm dik. Gebruik ’n 10 cm-koekiedrukker en druk sirkels in die deeg. Gebruik ’n 2 cm-drukker en druk ’n gaatjie in elke deegsirkel.
3 Verhit die olie tot goed warm (die olie is reg sodra jy ’n stukkie deeg daarin gooi en dit dadelik begin borrel). Braai die deegsirkels in die olie tot goudbruin en bros aan albei kante, sowat 5 minute per kant. Dreineer op kombuispapier en rol in vanieljesuiker.
4 Meng die versiersuiker en suurlemoensap saam tot ’n gladde, loperige versiersel. Voeg ’n paar druppels water by indien nodig. Skep oor die oliebolle en sif kakaopoeier daaroor. Sit warm voor met espresso.
Wenk: Moenie die olie te warm maak nie, anders sal die oliebolle bruin braai voor dit gaar is in die middel. Dit moet stadig braai oor medium hitte. Jy kan die oliebolle ook in kaneelsuiker rol.
Maalvleis-samoesas
Vir nog
Hoender met Bertus se brandrissiesous
Vir nog
Gys de Villiers se veganistiese fees
Vir nog