Malvakoek
1½ k witsuiker
2½ k koekmeel
7,5 ml koeksoda
knippie sout
1½ k olie
1 k melk, kamertemperatuur
2 eiers, kamertemperatuur
5 ml vanielje
5 ml suurlemoensap
3-5 roosmalvablare, fyngekap
Sif die droë bestanddele saam en sit eenkant.
Meng al die nat bestanddele goed saam in ’n groot mengbak.
Meng die gekapte malvablare in, voeg dan die gesifte droë bestanddele by en meng goed met ’n draadklitser.
Berei drie 20 cm-koekpanne voor. Verdeel die deeg in 3 eweredige dele en bak by 180 °C vir 25 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Versiersel:
250 g botter, kamertemperatuur
250 g roomkaas
350-500 g gesifte versiersuiker, afhangend van hoe soet jy dit wil hê
suurvyekonfyt om voor te sit
Klits die botter vir 5 minute, tot baie lig en romerig. Voeg die roomkaas by en klits tot goed gemeng.
Voeg eers net 350 g versiersuiker by, klits deur en proe of dit soet genoeg is, indien nie, sit nog by.
Wanneer die koeklae afgekoel is, smeer die versiersel tussen die lae om dit op mekaar te sit, en ook buite om die koek. Bedien dit met suurvyekonfyt
Malva-en-tofuslaai met suurvy gastrique
Tofu:
1 kg vars ongegeurde tofu (hoenderborsies is ook ’n opsie)
80 ml olyfolie
50 ml roos- of suurlemoenmalvablare, gesnipper
150 ml gesnipperde koljanderblare
1 t knoffelpoeier
1 t uiepoeier
1 t paprika
½ t kaneel
sout en peper
50 ml roosmalva-asyn of witwynasyn
Sny die tofu in blokke, meng met die ander bestanddele en marineer oornag.
Rooster in ’n voorverhitte oond op 200 °C vir 20 minute (draai om na 10 minute) tot goudbruin.
Haal uit en laat afkoel tot net kamertemperatuur.
Gastrique:
½ k suurvyekonfyt
2 e water
½ koppie ryswyn of witwynasyn
Meng gastrique-bestanddele saam en kook oor medium hitte tot gemeng, haal van hitte af en laat afkoel.
Vir voorsit:
80 ml olyfolie
100 ml geroosterde pekanneute
200 g mengsel van blare en blomme (malva, kappertjieblare, babaspinasie, raketblare, koljanderblare, pietersielie, slaaiblare, ens.)
Meng die blare en plaas in ’n slaaibak met die tofu bo-op. Sit voor met die neute, gastrique en olyfolie.