Nuusbrief

Vir stories, resepte en TV-hoogtepunte teken in op die VIA-nuusbrief. Vertel ons wie jy is sodat ons jou op datum kan hou met al VIA se dinge.

Deur op dié nuusbrief in te teken, aanvaar ek die Media24-groep se privaatheidsbeleid. Ek het dit gelees en ek verstaan die inhoud daarvan.

Kanselleer
Teken in

Wees op VIA?

...

...

Kanselleer
Stuur inskrywing

Op watter program wil jy wees?

Kom ons braai: celebs

Adverteer op VIA

Klik hier om ons kommersiële span te kontak.

Kontak gerus vir Betsie Viljoen by
Betsie.Viljoen@media24.com
+27112173119


Vir vervaardigers

Het jy ’n voorstel vir ’n VIA-program?

  • ENG
  • AFR

As jy ’n programvoorstel het, stuur dit asseblief na voorstelle@viatv.co.za met die programnaam as die onderwerp.


If you would like to propose a show, please send it to voorstelle@viatv.co.za with the programme name in the subject line.


Kontak ons

Het jy ’n vraag? Wil jy met ons gesels?

Menu

Appellemoenkoek

Meer resepte

Genoeg vir 1 koek



 



Koek:



5 Pink Lady appels



185 ml melk



45 ml botter



gerasperde skil van 3
lemoene



210 g (250 ml)
strooisuiker



2 eiers, geskei



2 heel eiers



160 g (375 ml)
koekmeel



7,5 ml bakpoeier



’n knippie sout



125 ml papawersaad



Stroop:



320 g (375 ml) suiker



250 ml water



45 ml botter



250 ml suiwer
lemoensap



Versiersel:



230 g (250 ml)
roomkaas



115 g (125 ml) sagte
botter



100 g (200 ml) versiersuiker,
gesif



 



Verhit die oond tot 180°C
en voer twee 23 cm-koekpanne met bakpapier uit.
Spuit die panne deeglik met kleefwerende kossproei. Sny appels in klein
blokkies. Kook die melk, botter en lemoenskil saam en laat afkoel tot louwarm.
Klits die suiker, twee eiergele en die heel eiers in ’n groot mengbak tot lig
en romerig.
Sif die meel, bakpoeier
en sout saam en vou dit met ’n groot metaallepel by die eiermengsel in.
Voeg die afgekoelde melkmengsel by die beslag en vou
in. Klits die twee eierwitte tot sagte punte vorm en vou dit saam met die
papawersaad by die beslag in. Verdeel die mengsel tussen die voorbereide panne
en bak vir 30-35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Vir die stroop: kook
die suiker, water en botter saam vir 2-3 minute. Verwyder van die hitte en voeg
die lemoensap by. Verdeel die stroop tussen die gaar koeke in die panne en laat
die koek yskoud word in die yskas. Vir die versiersel: klits die roomkaas en
botter saam tot lig en romerig. Voeg die versiersuiker by en klits goed. Keer
die eerste koeklaag uit op ’n dienbord en smeer die helfte van die versiersel
oor. Plaas die tweede koek bo-op en smeer die oorblywende versiersel bo-oor.
Sit voor.

Al -resepte

Maalvleis-samoesas

Vir nog

Hoender met Bertus se brandrissiesous

Vir nog

Gys de Villiers se veganistiese fees

Vir nog