Nuusbrief

Vir stories, resepte en TV-hoogtepunte teken in op die VIA-nuusbrief. Vertel ons wie jy is sodat ons jou op datum kan hou met al VIA se dinge.

Deur op dié nuusbrief in te teken, aanvaar ek die Media24-groep se privaatheidsbeleid. Ek het dit gelees en ek verstaan die inhoud daarvan.

Kanselleer
Teken in

Wees op VIA?

...

...

Kanselleer
Stuur inskrywing

Op watter program wil jy wees?

Kom ons braai: celebs

Adverteer op VIA

Klik hier om ons kommersiële span te kontak.

Kontak gerus vir Betsie Viljoen by
Betsie.Viljoen@media24.com
+27112173119


Vir vervaardigers

Het jy ’n voorstel vir ’n VIA-program?

  • ENG
  • AFR

As jy ’n programvoorstel het, stuur dit asseblief na voorstelle@viatv.co.za met die programnaam as die onderwerp.


If you would like to propose a show, please send it to voorstelle@viatv.co.za with the programme name in the subject line.


Kontak ons

Het jy ’n vraag? Wil jy met ons gesels?

Menu

Warmmelk-sponskoek met appelroom

Meer resepte

Genoeg vir een 22 cm-koek

 

4 eiers

250 g (310 ml) strooisuiker

280 g (500 ml) koekmeel

15 ml bakpoeier

250 ml louwarm melk

30 ml botter, gesmelt

5 ml vanieljegeursel

VERSIERSEL

4 Pink Lady® -appels, grofgerasper

45 ml heuning

vanieljepitjies

20 ml roosstroop

250 g (270 ml) sagte botter

250 g versiersuiker, gesif

 

Verhit oond tot 180 °C. Voer twee
18 cm-koekpanne met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. 
Plaas eiers en strooisuiker in ’n
groot mengbak en klits teen hoë spoed tot ’n dik skuim, sowat 8-10 minute. Sif
meel en bakpoeier saam, voeg by eiermengsel en vou met ’n groot metaallepel in.
Voeg melk, botter en vanieljegeursel by en vou in. Verdeel beslag tussen die
twee panne en bak vir 20-25 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel
in pan. 
VERSIERSEL Plaas gerasperde
appels, heuning, vanielje en roosstroop in klein kastrol en bring tot kookpunt.
Verwyder van hitte en laat afkoel. Klits botter met ’n elektriese klitser tot
sagte roomtekstuur. Voeg versiersuiker en koejawels by en klits appelmengsel by
tot opgebreek en versiersel vorm. 
Keer afgekoelde koeke uit pan.
Plaas eerste koeklaag onderstebo op ’n bord en smeer helfte van versiersel op
koek. Plaas tweede koeklaag bo-op. Skep oorblywende versiersel in ’n spuitsak
met ’n 1 cm-skerprandtuit en spuit klein klontjies versiersel bo-op koek. Jy
kan ook bloot die oorblywende versiersel met ’n slaplemmes oorsmeer. Sit voor.

Al -resepte

Maalvleis-samoesas

Vir nog

Hoender met Bertus se brandrissiesous

Vir nog

Gys de Villiers se veganistiese fees

Vir nog