Nuusbrief
Vir stories, resepte en TV-hoogtepunte teken in op die VIA-nuusbrief. Vertel ons wie jy is sodat ons jou op datum kan hou met al VIA se dinge.
Wees op VIA?
Adverteer op VIA
Klik hier om ons kommersiële span te kontak.
Kontak gerus vir Betsie Viljoen by
Betsie.Viljoen@media24.com
+27112173119
Vir vervaardigers
Het jy ’n voorstel vir ’n VIA-program?
As jy ’n programvoorstel het, stuur dit asseblief na voorstelle@viatv.co.za met die programnaam as die onderwerp.
If you would like to propose a show, please send it to voorstelle@viatv.co.za with the programme name in the subject line.
In Die bruid-boetiek (Woensdae 17:30), help ontwerper Diaan Daniels en sy superspan bruide en matrieks om die perfekte uitrusting te kies vir hul groot dag. Een van hierdie supersterre is Chantel-Lee of soos Diaan haar noem "Chantilly lace". VIA het by haar ingeloer en bietjie uitgevind wie sy nou eintlik is.
Chantel-Lee Kortje is in Lyttleton, Pretoria gebore en is van kleins af al aangetrokke tot die kreatiewe kant van die lewe. Sy het as kind baie sport gedoen en het selfs vir ‘n paar jaar vir die Gautengse hokkiespan gespeel en het ook haar lyf danser gehou met ballet, modern jazz en hip-hop.
Haar droom was nog altyd om ‘n kunstenaar te wees en sy was as kind mal daaroor om te teken en verf. Haar gunsteling deel van haar werk by Diaan Daniels Couture, is om kreatief te kan wees met die trourokke. Sy is mal daaroor om rond te speel met ekstra details soos krale, moue, knope en om die rok se rug se vorm te verander. Diaan het ‘n groot rol gespeel in die ontwikkeling van hierdie passie. Hy het haar geleer hoe om ‘n kreatiewe kinkel in haar idees te sit en om haarself nie in te perk nie. ‘n Hoogtepunt vir Chantel-Lee in elke episode van Die bruid-boetiek is wanneer die bruide vir die eerste keer hul rokke sien en skoon emosioneel raak.
En wat is haar raad vir ‘n bruid was op soek is na haar droomrok? “Onthou, dis jou troue. Jy kan na ander se opinies luister, maar moenie dat hulle die besluit namens jou maak nie. Die bruid moet kies waarvan sy hou en waarin sy gemaklik voel.” Sy stel ook voor dat die bruid nie te veel mense na haar fitting toe bring nie. Dit maak die bruid gewoonlik deurmekaar en maak dit moeilik om met ‘n oopkop besluite te neem. Sy sê ook die grootste fout wat ‘n bruid kan maak is om ‘n rok te kies bloot omdat dit ander gelukkig gaan maak. Dit veroorsaak dan dat die bruid op haar belangrike dag ongelukkig is.
Terwyl sy as bruidskonsultant by Die bruid-boetiek werk, is sy steeds besig om modeontwerp deur UNISA te studeer. Sy sien uit daarna om haar graad klaar te maak nadat sy reeds twee keer van modeskole moes verander weens die hoë kostes van hierdie studierigting.
Haar gunstelingaspek van die Suid-Afrikaanse modebedryf is dat ontwerpers in hierdie land baie trots is op die groot verskeidenheid kulture wat ons hier het. ‘n Mens sien dit in die lap wat hulle gebruik, die styl waarin hulle ontwerp en selfs in die bykomstighede wat die uitrusting vervolmaak. Sy kan nie wag om haar stempel op die modewêreld af te druk nie, en ons kan nie wag om te sien wat sy alles optower nie.