Coenie verken die poësie verder
Nuusbrief
Vir stories, resepte en TV-hoogtepunte teken in op die VIA-nuusbrief. Vertel ons wie jy is sodat ons jou op datum kan hou met al VIA se dinge.
Wees op VIA?
Adverteer op VIA
Klik hier om ons kommersiële span te kontak.
Kontak gerus vir Betsie Viljoen by
Betsie.Viljoen@media24.com
+27112173119
Vir vervaardigers
Het jy ’n voorstel vir ’n VIA-program?
As jy ’n programvoorstel het, stuur dit asseblief na voorstelle@viatv.co.za met die programnaam as die onderwerp.
If you would like to propose a show, please send it to voorstelle@viatv.co.za with the programme name in the subject line.
VIA (DStv-kanaal 147) se Jeugdag-veldtog, waarin ses klein tot middelslag-besighede lugtyd en ’n TV-advertensie kon wen, is afgehandel, en die beoordelaars moes behoorlik kopkrap om die wenners te kies.
“VIA is verbind tot entrepreneurs wat terugploeg in Suid-Afrika,” sê die kanaalhoof, Izelle Venter, oor dié innoverende projek waarmee VIA opnuut bewys sy hartklop is trots Suid-Afrikaans. “Ek hoop van harte dié lugtyd sal die onderskeie besighede help groei, want as hulle groei, groei Suid-Afrika.”
Die prys is baie werd – lugtyd op VIA van altesame R1,8m., met nog blootstelling in Media24 se koerante en tydskrifte ter waarde van altesame R1,5m. Tel daarby plasings op sosiale media en onderhoude op VIA se ontbytprogram, Besigheid wat saak maak, en dié klein besighede is dalk binnekort groot ondernemings.
Die wenners is:
Acu-Temp
Dié Wes-Kaapse onderneming spesialiseer in akkurate temperatuurbeheer vir besighede regoor die land – of dit nou ’n yskas in ’n verkoelingsaanleg is of ’n kostoonbank in ’n restaurant, Acu-Temp maak seker die temperatuur is net reg. “Ons hoofdoel is om ons kliënte die beste moontlike diens te gee teen ’n bekostigbare prys en met betroubare naverkoopdiens,” sê Garnet Christians, ’n direkteur van dié maatskappy.
AET Africa
Dié maatskappy met sy ekobewuste etos is in die Oos-Kaap gebore en word besit deur 55% jongmense en vroue. Hulle vervaardig energiedoeltreffende warmwatertoestelle (hoëdruk- sonkrag- en elektriese warmwatersilinders), en inkopiesakke en verpakkingsmateriaal van ongeweefde tekstiele. Met etlike pryse op hul kerfstok, ’n sterk drang tot werkskepping en die behoefte om warm water toeganklik te maak in alle Suid-Afrikaanse huishoudings, is dié onderneming onder leiding van Sandiswa Qayi ’n waardige wenner van Via se Jeugdag-veldtog.
Brewsters Craft
Wat is nou lekkerder as ’n koue enetjie? Klink dan sommer jou glas Tolokazi-bier op Apiwe Nxusani-Mawela, die stigter en besturende direkteur van Brewsters Craft in Roodepoort, Gauteng. Apiwe, ’n boorling van Butterworth in die Oos-Kaap, is een van Suid-Afrika se eerste swart vroulike bierbrouers. Sy het reeds drie mense voltyds in diens en is besig om nog drie studente op te lei, meestal vroue. Sy maak nie net lekker bier nie, sy ploeg ook terug. Gesondheid, op Tolokazi-bier!
Hermosa Flor Cosmetics
Hoe groter die risiko, hoe groter die beloning – Mbali Sebapu, stigter van Hermosa Flor Cosmetics, verstaan dié woorde al te goed. Mbali, wat in Soshanguve gebore is, het onder meer ’n draai gemaak in die Suid-Afrikaanse Vloot, en toe sy daar bedank, haar pensioen gestort in ’n lewensdroom – haar eie reeks grimeerprodukte. Hermosa Flor Cosmetics is in 2019 gestig en is ’n viering van alles wat mooi is. Dié sosialemedia-meningsvormer met meer as 300 000 volgelinge op Instagram (@Gorgeous_mbali of @Hermosa_flor_cosmetics) beskryf haar produkte as “inklusief”. Dit is landwyd en internasionaal aanlyn te kry.
Imibongo Kamakulu Dolls
Te pragtig, dié handgemaakte swart en bruin poppe vir kleuters en peuters. “Inklusiwiteit en verteenwoordiging is noodsaaklik wanneer kinders speel,” sê die baasbrein agter dié handelsmerk, Nondumiso Gogela van Kaapstad. “Dit is nie net in swart huishoudings nie, maar in alle huishoudings waar kinders van jongs af geleer word van deernis en diversiteit. Ons is passievol oor kreatiewe maniere waarop ons kinders kan leer wat hul waarde is, en hoe hulle vreesloos kan liefhê en lewe.”
Nondumiso se eie dogter was die inspirasie agter dié reeks poppe. “Ek wou van jongs af die regte kernwaardes by haar inprent, en die eenvoudigste manier was om ’n troetel-speelding te skep wat lyk soos sy en wat haar sal leer dat sy saak maak, en dat sy raakgesien word.”
Quickloc8
Tegnologie het almal se lewe verbeter, en die Quickloc8-app wil dié verbetering ook sien in die lewe van taxi-gebruikers en -operateurs. Dié nuwe besigheid wil help met die regulering van die taxibedryf en só ritte vir passasiers veiliger en aangenamer maak. Danksy GPS-nasporing kan taxi-eienaars die daaglikse bewegings van taxi’s en busse monitor, bestuurspatrone dophou en kyk dat bestuurders mekaar afwissel om moegheid en sodoende ongelukke te voorkom. In die woorde van Mbavhalelo Mabogo: “Ons is ’n meertalige, multikulturele span met amper belaglike ambisies!” Maar as mens ’n revolusie in dié reuse-bedryf beplan, hoe dan anders?